Paljas (rolprent)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Paljas
Regisseur Katinka Heyns
Produksieleier Patricia Wheeler (produksie bestuurder)
met Anant Singh
Geskryf deur Draaiboek:
Chris Barnard
Met Ellis Pearson
Larry Leyden
Aletta Bezuidenhout
Marius Weyers
Liezel van der Merwe
Ian Roberts
Musiek deur Sue Grealy
Kinematografie Koos Roets
Redigeerder Ronell Toots
Avril Beukes
Ateljee Distan Horizons
M-Net
Sonneblom Films
Videovision Entertainment
Verspreider Ster-Kinekor
Vrystelling 23 Januarie 1998
Speeltyd 119 min
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel

Paljas is 'n Afrikaanse rolprent wat op 23 Januarie 1998 vrygestel is. Die regisseur was Katinka Heyns terwyl die storie deur Chris Barnard geskryf is.

Genre[wysig]

Drama

Toekennings[wysig]

Die rolprent was ingeskryf vir die 70ste "Academy Award" vir beste buitelandse fiiek, die eerste Suid-Afrikaanse nominasie sedert die einde van die apartheidsera.

Die rolprent wen vyf toekennings in 1997 by die M-Net All Africa Film Awards.

Hoofrolspelers[wysig]

  • Marius Weyers as Hendrik MacDonald
  • Aletta Bezuidenhout as Katrina MacDonald
  • Liezel van der Merwe as Emma MacDonald
  • Larry Leyden as Willem MacDonald
  • Jan Ellis as Nollie
  • Ian Roberts as Frans
  • Ellis Pearson as Manuel
  • Gérard Rudolf as Jan Mol
  • Marthinus Basson as Dominee
  • Gys de Villiers as Sirkusbaas

Storie[wysig]

'n Familie trek na 'n afgeleë deel van die Karoo in Suid-Afrika. Hulle lewens word ingrypend verander as 'n rondtrekkende sirkus 'n pantomime (gebarespeler) in die dorp agterlaat.

Eksterne skakels[wysig]