Parlota broodboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Parlota broodboom
Nasionale nommer: 12.5
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Cycadophyta
Klas: Cycadopsida
Orde: Cycadales
Familie: Zamiaceae
Genus: Encephalartos
Spesie: E. relictus
Binomiale naam
Encephalartos relictus
P.J.H.Hurter

Die Parlota broodboom (Encephalartos relictus) is 'n broodboomspesie van die genus Encephalartos. Die boom is inheems aan die eSwatini. Die boom is 1971 ontdek deur J.J.P. du Preez op die grens van eSwatini met Mosambiek. Daar is nog net een spesie, 'n mannetjie, van die boom ontdek. Du Preez het die plant na sy plaas in die Lebomboberge geneem, naby die Parlota-rivier. Geen ander bome van die plant kon sedertdien gevind word nie.

Die struik word selde hoër as 2.5 m en die stam word tot 45 cm in deursnee. Die blare word tot 1.5 m lank en blougroen van kleur.

Die boom se nasionale nommer is 12.5.[1] In Engels staan die broodboom as die Parlota Cycad bekend.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]