Paweł Kowalski
Paweł Kowalski (6 Julie 1965, Łódź) is 'n Poolse pianis.
Musikale opvoeding
[wysig | wysig bron]Kowalski ontvang sy musikale opleiding aan die vologende instellings:
- Hochschule für Musik "Rheinland" in Keulen
- Fryderyk Chopina Universiteit van Musiek in Warskou (diploma met lof)
- Die Vancouver Musiekakademie (Witold Lutosławski-beurs)
Artistieke aktiwiteite
[wysig | wysig bron]Kowalski was die eerste pianis na Krystian Zimerman om Witold Lutosławski se klavierconcerto op 13 April 1989 in Warskou onder leiding van die komponis op te voer [1].
Hy het konserte in onder meer Europa, die Verenigde State, Kanada en Suid-Amerika gegee in venues soos die Salle Pleyel-saal in Parys, die Schauspielhaus in Berlyn, die Konservatorium in Brussel, die RadioKulturhaus in Wene, die Tonhalle in Zürich, en die Estiese Konsertsaal in Tallinn. Hy het ook sy verskyning gemaak tydens musiekfeeste soos Europalia, Klavierfees Ruhr, Carinthischer Sommer, Concentus Moravie, Musikfestwochen Meiringen, Musikwoche Braunwald, Bachtage Potsdam, Chopin-feeste in Duszniki, Antonin, Mariańskie Łaźnia i Gaming, die "Warskouse Herfsfees, die musiekfees in Łańcut, die "Silesian Quartet and His Guests" en die Mozart-fees in Warskou.
Pawel het saam met die Sinfonia Varsovia, gedirigeer deur Yehudi Menuhin, opgetree ter geleentheid van die orkes se 10de bestaansjaar (1994). Hy het ook saam met radio-orkeste in Berlyn, Oslo en Zagreb opgetree, asook saam met verskeie filharmoniese orkeste regdeur Europa. Hy het opnames vir verskeie radiostasies gemaak en CD's opgeneem, met werke deur Beethoven, Brahms, Chopin (sy 1ste en 2de Klavierconcertos, soos opgevoer deur die orkes van die Chopin-akademie onder leiding van Tadeusz Wojciechowski) en Juliusz Zarębski.
In 2004 was hy die solis tydens 'n opvoering van Wojciech Kilar se Klavierconcerto saam met die Poolse Nasionale Radio-simfonieorkes as deel van die projek "Trein na Kilar se Musiek". By geleentheid van die uitbreiding van die Europese Unie is Paweł Kowalski deur die Franse weekblad Courrier International gelys as een van die vier interessantste Poolse persoonlikhede[2].
In 2005 was hy lid van die beoordelingspaneel tydens die Internasionale Chopin-klavierkompetisie in Bratislawa.
Pawel het van 2005 tot 2008 opgetree saam met die Orquesta Sinfonica de Chile in Santiago, en die Poolse Nasionale Radio-simfonieorkes.
In 2017 ontvang hy die Gloria Artis Silwer Medalje vir Kulturele Verdienstelikheid[3].
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "nuus". www.polmic.pl. Besoek op 11 Maart 2019.
- ↑ Courrier International 704/29.04.-5.05.2004
- ↑ "Medalje vir kulturele verdienstelikheid - Gloria Artis". www.mkidn.gov.pl. Besoek op 21 Junie 2020.