Peers se grot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

In Peers se grot by Vishoek is 'n kopbeen van 'n prehistoriese mens gevind wat dalk so oud as 20 000 jaar kan wees.

Net noord van Sun Valley en noordwes van Clovelly is 'n reeks sanderige koppies bekend as Skildergat. Daarin is verskeie vlak grotte onder andere Tonnelgrot en Peers se grot. Victor Stanley Peers (1874–1940) en sy seun Bertie (1903–1939) het baie in die antropologie en argeologie belanggestel en het in hul vrye tyd hier in die jare 1927 tot 1929 opgrawings gedoen en op klipwerktuie, rotstekeninge en volledige skelette afgekom. Vishoek was skielik wêreldbekend.

Die kopbeen van die Vishoek Mens was aansienlik groter as dié van die latere Boesmans. Wêreldwyd is die kopbeen uitgestal en deur argeoloë bestudeer en kan nou in die Suid-Afrikaanse Museum in die Kompanjiestuin besigtig word. In 1941 is die grot tot monument verklaar en staan sedertdien bekend as Peers Cave.

Bibliografie[wysig | wysig bron]