Perde-uintjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Perde-uintjie
Moraea tripetala flowr..JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Moraea
Spesie:
M. tripetala
Binomiale naam
Moraea tripetala
(L.f.) Ker Gawl.

Die perde-uintjie[1] (Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl.) is 'n geofiet wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap voor.[2]

SANBI onderskei tussen drie subspesies:

  • Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. tripetala
  • Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. jacquiniana (Schltr. ex G.J.Lewis) Goldblatt & J.C.Manning
  • Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. violacea Goldblatt & J.C.Manning

Die laaste subspesie kom op kleigrond in die renosterveld van Ceres tot Worcester en Barrydale voor en is 'amper bedreigd' (NT).[3] Die ander twee subspesies is as 'veilig' (LC) gelys.

Hierdie plant is slank en 10 – 50 cm hoog met een of meer vertakkings. Dit het enkelvoudige blare wat uit die bodem groei. Die blomme het drie opvallende buitenste blomblare. Die ander blomblare is sterk in grootte verminder. Die blomme is reukloos en word deur bye besoek.[4]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. ook: bloutulp, dwergtulp, kleinuintjie
  2. SANBI-rooilys.
  3. SANBI-rooilys.
  4. PlantZAfrica.