Peter Schmidt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Peter Schmidt (17 Mei 1931 – 22 Januarie 1980)[1] was 'n Berlyns-gebore Britse kunstenaar, skilder, teoretikus van kleur en komposisie wat 'n pionier m.b.t. multimedia uitstallings was asook 'n invloedryke onderwyser by die Watford Kunstekollege.

Hy was deel van 'n generasie van kunsskool-onderwysers in die 1960s en 1970s wat 'n groot impak op sommige studente gehad het wat later sou aangaan om in die kunste en musiek te werk.

Hy het saam met Hansjörg Mayer, Brian Eno, Mark Boyle, en Dieter Roth gewerk, en het assosiasies gehad met Russell Mills, David Toop en Tom Phillips.

Biografie[wysig | wysig bron]

Peter Schmidt was op 17 Mei 1931 in Berlyn gebore, en het in 1938 saam met sy Joodse moeder na Engeland getrek en in 1947 begin skilder. Hy het van 1951 tot 1953 gestudeer by die Goldsmiths Kollege, en vanaf 1953 tot 1957 by Slade Skool. Hy het die Abbey Minor Reisbeurs vir 1957-58 gewen, wat hy in Sisilië spandeer het.

By sy terugkeer na Engeland het hy direk van voorwerpe en mense af geskilder, hoofsaaklik in olie. Sy werk was by Beaux Arts uitgestal, met sy solo-uitstalling in 1961.

Hy was die onderwerp van 'n rolprent genaamd CUBISM AND BEYOND: DEPARTURES wat in 1961 vir BBC TV gemaak is. In 1963 het hy 'n skilderbegrip otwikkel wat hy PROGRAM genoem het.

Hy het in 1966 'n reeks werke geproduseer, geïnspireer deur musiek, en uitgestal in 'n solo-skou by die Curwen Galery. Teen hierdie tyd het sy werk totaal en al abstrak begin raak en was hy gefokus op idees en sisteme.

Hy het 'n elektroniese musiekevent genaamd A PAINTERS USE OF SOUND in 1967 by die ICA opgevoer. Ander musiek en opvoerings was gehou by die Bristol Kunssentrum, die UFO Klub en, die Cochrane Teater.

Hy het ook op daardie tydstip gewerk saam met Mark Boyle, en het in "Son et Lumiere" opgetree wat ook gehou was by die Cochrane. Hy was die Musikale direkteur van die 1968 ICA uitstalling genaamd "Cybernetic Serendipity", waarvan Jasia Reichardt die kurator van was.[1]. Hy het in 1969 ELECTRONIC SOUP MIX opgevoer by die Curwin Galery, en FILM SOUND MIXES by die ICA.

In 1972 het hy 'n reeks van 64 tekeninge geproduseer; gebaseer op hexagram-me van die I Ching. Een van sy laaste kreatiewe eksplorasies in nie-figuratiewe werk was 'n reeks Abstrakte skilderye wat geïllumineer was deur 'n spesiale skuiwende ligboks, waarvan die elektronika spesiaal voor ontwerp was.

Teen hierdie tydstip het sy werk weereens begin om meer figuratief te word. IN 1975 het hy 'n uitstalling gehad by die Whitechapel Kunsgalery, in samewerking met sy studente by die Watford Kunsskool, genaamd "Painting on Clothes".

Gedurende sy leeftyd het Peter Schmidt baie media en idees geëksploreer. Hy het 'n groot aantal werke gepubliseer, insluitende boeke, drukke, rolprente, klank, en skilderye.

Gedurende die laaste jare van sy lewe het hy met waterverf geskilder, en uitgebreide tydperke spandeer in die skilder van landskappe op die Kanariese Eilande, die Eiland van Skye teen die kus van Skotland en in Ysland.

Alhoewel verteenwoordigend, was Schmidt se benadering juis om sy eie teorie van kleur en komposisie te gebruik, wat hy voorheen sou ontwikkel het, in ander woorde, om beide 'n abstrakte en figuratiewe skilderye in een te skep.

Die laaste uitstalling van wat Peter Schmidt beplan het, genaamd More Than Nothing by die Paul Ide Galery in Brussel, was 'n uitstalling van samewerkings met Brian Eno. Van die werke wat uitgestal was, was die eerste generatiewe ligboks, 'n waterkleur skildery van Brian Eno, "Portrait of Eno with Allusions",[2] verskeie Tiger Mountain uitdrukke, die Franse uitgawe van die orakel kaartstel genaamd Oblique Strategies, die vier "Mandala Castles" asook etse wat spesiaal hiervoor geskep was.


Schmidt was op vakansie op La Gomera in die Kanariese Eilande toe hy skielik op 22 Januarie 1980 aan 'n hartaanval beswyk het, slegs dae voor die opening van die uitstalling.

Hy word oorleef deur sy broer, suster, seun, dogter, hulle moeder(en sy tweede vrou) asook sy derde vrou.

Uitstallings[wysig | wysig bron]

Peter Schmidt het uitstallings gehad by:

  • Beaux Arts Galery, Londen – 1961
  • Curwen Galery, Londen – 1966
  • Gallerie Hansjorg Mayer, Stuttgart – 1967
  • Lisson Galery, Londen; Editions Alecto Galery, Londen – 1968
  • Bear Lane Galery, Londen; Curwen Galery, Londen – 1969
  • Lisson Galery, Londen – 1970
  • White Chapel Galery, Londen – 1975
  • JPL Fine Arts, "Watercolours", Londen – 1977
  • Galerie Shandar, Parys; Galleri Sudurgata 7, Reykjavik; Sundholl Galery, Isafordor; Caius College Galery, Cambridge – 1978
  • Paul Ide Galery, Brussel; Galleri Sudurgata 7, Reykjavik; Vertshuis Galery, Flatey – 1979
  • Paul Ide Galery(met Brian Eno) "More Than Nothing", Brussel – 1980
  • Watford Museum, "Remembered Images", Watford – 1987
  • The Living Art Museum, "Icelandic Landscapes", Reykjavik – 1995
  • Mummery & Schnelle, "To Become Like Music", Londen – 2008

Notas[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Peter Schmidt's official webpage
  2. "Portrait of Eno with Allusions", Peter Schmidt, watercolor portrait of Brian Eno.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • PeterSchmidtWeb, an internet raisonne catalogue, dedicated to preserving the memory of Peter Schmidt's life and work.