Pienk Piet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Pienk Piet, die gedenkteken ter nagedagtenis van prof. John du Plessis.
Prof. John du Plessis omstreeks 1924.

Pienk Piet is die naam van die standbeeld op Stellenbosch van prof. John du Plessis wat na klagtes van kettery uit sy pos by die Kweekskool ontslaan is.[1]

Die beeld van ligroos marmer toon 'n lewensgroot Johannes du Plessis in 'n toga met 'n oop Bybel in die hand. Op 'n granietmuur agter die beeld staan die Du Plessis-spreuk “God verdedig die reg”. Florenci Cuairan, 'n Spaanse beeldhouer, het dit op versoek van Du Plessis se vriende gemaak. Die versoek van die vriende dat die beeld in die tuin van die Kweekskool mag staan, is geweier. Sedert die oprigting daarvan in 1944 is die beeld verskeie male van standplaas verskuif en is dit ook dikwels gevandaliseer. Op 19 Junie 2006 is Pienk Piet van die agtertuin van die Sasol Kunsmuseum tog na meer as sestig jaar verskuif na die voortuin van die Kweekskool. Finansiering vir hierdie waarskynlik laaste skuif is o.a. verskaf deur Het Jan Marais Nationale Fonds.

Verwysings[wysig | wysig bron]