Os du Randt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Pieter (Os) du Randt)
Jump to navigation Jump to search
Os du Randt Sportportaal
South Africa - England RWC 2007 boksforwards 14092007.jpg
Victor Matfield, Os Du Randt en Bakkies Botha kan op die foto gesien word.
Volle naam Jacobus Petrus du Randt
Bynaam Os
Geboortedatum 8 September 1972 (1972-09-08) (46 jaar oud)
Geboorteplek Elliot, Suid-Afrika
Lengte 1,9 m
Gewig 127 kg
Skool Laerskool Elliot
Adelaide Gimnasium
Beroep Boer
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Stut
Springbokno. 619
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
'96-'97, 1999
2000
2002–2007
Vrystaat
Blou Bulle
Vrystaat
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
1997
1998
2000
2004–2005
2006–2007
Vrystaat
Goue Leeus
Noordelike Bulle
Cats
Sentrale Cheetahs
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1994–2007 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 80 25

Jacobus Petrus "Os" du Randt (gebore 8 September 1972), is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat loskopstut vir die Springbokke, Sentrale Cheetahs (Super 14), en die Vrystaat Cheetahs (Curriebeker) gespeel het. Wat teen sy aftrede die meeste westryde gespeel het vir die Springbokke, 'n rekord nou oortref deur John Matts, Victor Matfield en Tendai Mtawarira). Du Randt het vir die Cats in die Super 12 gespeel, maar het na die nuwe Sentrale Cheetahs Super 14 span oorgeskuif nadat die Vrystaat Cheetahs van die Catsspan afgeskei is. Hy was een van die min oorblywende internasionale-vlak spelers van die amateurera wat destyds steeds gespeel het.

Vroeë loopbaan[wysig | wysig bron]

Du Randt is in die Oos-Kaapse dorpie Elliot gebore. Hy het sy bynaam aan sy gespierde liggaamsbou te danke. Hy het die eerste keer vir die Springbokke in 1994 uitgedraf en speel teen die Argentynse nasionale rugbyspan in die 1995 Rugby Wêreldbeker wat Suid-Afrika gewen het. Du Randt was in die jare daarna steeds 'n sleutelspeler in die 'Bokspan en is selfs deur die Rugby World-tydskrif aangewys as die tweede beste loskop van alle tye.

In 2000 het hy egter beserings opgedoen wat hom vir byna twee jaar verhoed het om te speel. Hy het op die ou einde in 2002 weer gespeel, maar het aanvanklik gesukkel om sy vorige vorm te herwin. In 2004, nadat hy ten spyte van sy ouderdom sy peil in binnelandse kompetisie herwin het, is du Randt deur die nuwe afrigter Jake White vir die Springbokke gekies. Hy was 'n sleutelspeler in die Bokke se herstel in 2004 toe hulle die Drienasiesreeks gewen het en as die Internasionale Rugbyraad se Wêreldspan van die jaar aangewys is.

Terugkeer[wysig | wysig bron]

In 2003 het Du Randt 'n oproep ontvang van die voormalige Springbok-flank en spanmaat Rassie Erasmus wat die Vrystaat-Cheetahs afrig. Dan is in 2004 'n terugkeer na die Springbokke deur die nuwe afrigter Jake White. Hy was 'n belangrike speler in die Bokke se herlewing in 2004, met 'n Drienasies wen en Internasionale Rugbyraad Span van die Jaar. Du Randt is die enige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat aan Suid-Afrika se twee Wêreldbeker-oorwinnings deelgeneem het. Hy het in 2007 na afloop van die Wêreldbeker-eindstryd uitgetree.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]