Pieter Howes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Edge-gnome-fs-trash-full.png Hierdie bladsy is tans gelys vir verwydering.
Sien die stemblad vir die redes en bespreking daarvan. Indien u wil keer dat die blad verwyder word, lees die verwyderingsbeleid en stem teen die verwydering op die stemblad. Moet asseblief nie hierdie kennisgewing verwyder of die bladsy leegmaak terwyl hierdie saak nog onder bespreking is nie. Voel wel vry om hierdie artikel te verander en verbeter. Sien ook ’n klomp alternatiewe uitweë vir bladsye wat nie binne die Wikipedia-beleid inpas nie.
Hierdie kennisgewing is op 13 Junie 2019 hier geplaas.
Pieter Howes
Pieter Howes in 2012.
Geboortenaam Pieter Bosch Botha
Geboorte 12 Maart 1985
Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrika
Sterfte 6 Mei 2019 (op 34)
Sandton, Gauteng, Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, regisseur, draaiboekskrywer, joernalis, aktivis, politieke kommentator
Aktiewe jare 2003-2019
Toekennings Standard Bank Ovation Award

Pieter Howes (gebore 12 Maart 1985 in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika as Pieter Bosch Botha, sterf 6 Mei 2019 in Sandton, Gauteng, Suid-Afrika)[1] was 'n Suid-Afrikaanse joernalis, aktivis, politieke kommentator, akteur, regisseur, en draaiboekskrywer.[1][2] In 2007 word hy die eerste inwonende direkteur van die Roodepoort-teater in Johannesburg.

Hy was die stiger van "The Enwhitenment Project", 'n projek wat poog om bewusmaking oor witheid te bou met die doelwit om die rasseskeiding te oorbrug.[1][3] Hy het veral 'n groot gehoor op Twitter geniet en was 'n bydraer by die Amerikaanse webwerf Inquisitr.[1]

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Hy word gebore op 12 Maart 1985 in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika as Pieter Bosch Botha, die seun van Arnold "At" Botha en Annalise Bosch, beide akteurs.[4][5] Hy begin sy loopbaan as akteur op die ouderdom van 6 met die leidende rol in 'n nasionale televisie-advertensie vir Opel se Monza-motorvoertuigmodel.

Hy voltooi sy studies in 2003 in drama en teater aan die Nasionale Skool van die Kunste. Hy verwerf in drie opeenvolgende jare nasionale kleure vir drama.

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Hy verander sy van na Howes met sy huwelik met mediese dokter Craig Howes.[1]

Hy het openlik sy ondersteuning vir die verlinkse politieke party Economic Freedom Fighters verklaar.[1][3] Hy ly aan bipolêre gemoedsteuring en depressie.[1][5][6]

Dood[wysig | wysig bron]

Hy pleeg selfmoord in Mei 2019.[1][5] Hy was vir 'n tyd lank vermis voor sy liggaam op Saterdag, 4 Mei 2019 in 'n hotelkamer in Sandton, Gauteng gevind is.[5] Hy is vermoedelik aan 'n oordosis pille dood.[5] Vele mense het in reaksie op sy dood eerbetuigings op Twitter gepubliseer.[1]

Teaterproduksies[wysig | wysig bron]

Regisseur[wysig | wysig bron]

  • 2007: Rapunzel
  • 2008: James and the Giant Peach
  • 2008: Madiba Magic
  • 2008: Liewe Heksie
  • 2009: Danny the Champion of the World
  • 2009: Little Blue Dress
  • 2009: Noises Off!
  • 2011: Hoedens
  • 2011: Rose Red
  • 2012: Swoop
  • Rooikappie
  • Wasgoed
  • The Witches
  • The Cage Fighter
  • I'll Have What She’s Having...
  • Of Birds and Beasts
  • Subject to Citizen
  • Hats

Akteur[wysig | wysig bron]

  • 2004: Jack and the Beanstalk
  • 2005: Die Keiser
  • 2006: Cinderella
  • 2006: Dames en Here
  • 2008: Spoof Full of Sugar
  • 2008: Eat Me!
  • 2012: Fully Committed
  • 2013: Civil Parting
  • 2013: The Briefcase
  • 2014: The Full Monty
  • 2014: Spamalot
  • 2015: The Double Bass
  • 2015: Miss Margarida's Way

Radio[wysig | wysig bron]

  • 2015: Nagrit Op Keetmanshoop

Filmografie[wysig | wysig bron]

Akteur[wysig | wysig bron]

Rolprente[wysig | wysig bron]

  • The Van Rooyens

Televisiereekse[wysig | wysig bron]

  • 2003: Soul Buddyz
  • 2008: Villa Rosa
  • 2008: Backstage
  • 2008: Askies!

Draaiboekskrywer[wysig | wysig bron]

Televisiereekse[wysig | wysig bron]

  • 2014: Villa Rosa

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 (en) Political commentator and actor Pieter Howes takes his own life. The Citizen (6 Mei 2019). URL besoek op 9 Mei 2019.
  2. Pieter Howes. Inquisitr. URL besoek op 13 Junie 2019.
  3. 3,0 3,1 Naidoo, Shanthini (20 April 2018). Why I‚ a white man‚ support the EFF. Times Live. URL besoek op 14 Junie 2019.
  4. (en) De Beer, Diane (19 Februarie 2013). Fully Committed to spicing up his artistry. IOL. URL besoek op 13 Junie 2019.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 (af) Opperman, AJ (9 Mei 2019). Depressie eis akteur se lewe. Beeld. URL besoek op 13 Junie 2019.
  6. (en) "Gay White Journalist Who Opposed 'Whiteness' Kills Himself. WND (7 Mei 2019). URL besoek op 9 Mei 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]