Pietersfonteindam
Voorkoms
Pietersfonteindam | |
---|---|
Amptelike naam | Pietersfonteindam |
Ligging | naby Montagu/Robertson |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33°39′58″S 20°00′49″O / 33.66611°S 20.01361°O |
Dam in | Pietersfonteinrivier |
Doel | Besproeiing |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boogdam |
Hoogte van wal | 18 m |
Lengte van wal | 162 m |
Reservoir | Spitskopdam |
Kapasiteit | 2 028 000 m³ |
Opvanggebied | 115 km² |
Damoppervlak | 32,5 ha |
Die Pietersfonteindam verskaf hoofsaaklik besproeiingswater aan plase in die Koo.
Ligging
[wysig | wysig bron]Die dam is in 1968 gebou in die Pietersfonteinrivier in die Langeberge by die koördinate 33° 39′ 58″ suid en 20° 00′ 49″ oos. Dit is noordoos van Robertson, noordwes van Montagu en noord van die Burgerspas op die R318-pad. Water van die Pietersfonteinrivier kom deur die Keisierivier via die Kogmanskloof in die Breederivier.
Afmetings
[wysig | wysig bron]Hierdie dam se maksimum volume is nou net onder die 2 miljoen m³. Dit het ‘n walhoogte van 18 m, ‘n wallengte van 162 m en ‘n opvanggebied van 115 km².
Let wel
[wysig | wysig bron]Hierdie dam moet nie verwar word met die effens meer suidoos geleë Poortjieskloofdam.