PizzaExpress

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
PizzaExpress
PizzaExpressBlack.svg.png
Victoria Square, Belfast, December 2012 (02).jpg
Tipe Privaat maatskappy
Gestig 1965 in Londen, Engeland
Hoofkantoor Uxbridge, Londen, Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
SleutelpersonePeter Boizot (stigter), Jinlong Wang (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienVerenigde Koninkryk, Ierland, vastelandse Europa, Indië, Hong Kong, Midde-Ooste
IndustrieRestaurantgroep
ProdukteRestaurante, diepvrieskos
MoedermaatskappyHony Capital, Beijing
Webwerfpizzaexpress.com
PizzaExpress-restaurant in Bedford Street, Linen Quarter, Belfast
PizzaExpress se Pizza Veneziana

PizzaExpress is 'n restaurantgroep wat 470 restaurante in die Verenigde Koninkryk en 'n honderdtal in oorsese lande bedryf, waaronder Europa, Hongkong, Indië en die Midde-Ooste.

Die groep is in 1965 deur Peter Boizot gestig - volgens PizzaExpress se webtuiste was Boizot ontevrede met 'n pizza wat hy destyds in 'n Londense restaurant voorgesit is en het besluit om tradisionele Italiaanse pizza-kookkuns op die Britse mark in te voer. Die eerste PizzaExpress-restaurant, waarvoor 'n Italiaanse pizza-oond ingevoer is, het in Wardour Street, Soho, Londen geopen.[1] PizzaExpress is net een van 'n reeks Italiaans-geïnspireerde restaurantkettings in die Verenigde Koninkryk. Sy hoofmededingers sluit Ask, Prezzo en Strada in.

Die onderneming is in 2014 aan die Chinese beleggingsmaatskappy Hony Capital verkoop - in 'n transaksie ter waarde van £900 miljoen.[2]

Filantropie[wysig | wysig bron]

In 1977 het PizzaExpress 'n nuwe soort pizza, die Pizza Veneziana, ingevoer om fondse vir die Venice in Peril Fund in te samel, 'n organisasie wat ná die verwoestende oorstroming van 1966 gestig is om Venesië van ondergang te red. Die donasie vir elke verkoopte pizza is algaande verhoog van 5p tot 25p. Vanaf 2008 word 50 persent van donasies uit die verkoop van Pizze Veneziane aan die Venice in Peril Fund geskenk, terwyl die ander helfte vir die restourasie, herstelling en onderhoud van geboue, wat voor 1750 ontstaan het, en hul meubilering, toerusting en installasies aangewend word.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]