Pleuraspidotheriidae
Voorkoms
Pleuraspidotheriidae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
(geen rang): | |
Superorde: | |
Familie: | Pleuraspidotheriidae Zittel 1892
|
Die Pleuraspidotheriidae is 'n klein familie van soogdiere uit die Paleogeen van Spanje, Frankryk en België. Een fossiel wat dalk ook in hierdie groep behoort is Hilalia uit Turkye.
Daar is drie genusse
- Pleuraspidotherium
- Orthaspidotherium
- Hilalia
Van Pleuraspidotherium is amper 'n volledige skelet bekend en van Orthaspidotherium 'n volledige skedel met stukke skelet.[1] In hierdie tydperk het Europa uit 'n reeks eilande bestaan, wat moontlik endemiese spesies gehad het en die verwantskap van hierdie diere is onduidelik. Hulle is taamlik primitief en lyk soos vroeë hoefdiere (Euungulata). Die onlangse ontleding deur Halliday[2] plaas hulle aan die basis van die Euungulata-tak van die Laurasiatheria.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ First skull of Orthaspidotherium edwardsi (Mammalia, “Condylarthra”) from the late Paleocene of Berru (France) and phylogenetic affinities of the enigmatic European family Pleuraspidotheriidae Sandrine Ladevèze, Pieter Missiaen, Thierry Smith Journal of Vertebrate Paleontology 30(5), 2010.
- ↑ Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Thomas J. D. Halliday, Paul Upchurch, Anjali Goswami Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550