Gaan na inhoud

Pandjabi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Poenjabi)
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Punjabi's.
Pandjabi
ਪੰਜਾਬੀ pãjābī
پنجابی‬ paṉjābī 
Uitspraak: [pʌnˈdʒɑːbi]
Gepraat in: Vlag van Indië Indië
Vlag van Pakistan Pakistan 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 129 miljoen[1][2][3] 
Rang: 10
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Noordwes-Indo-Aries
    Pandjabi 
Skrifstelsel: Gurmukhi-alfabet, Shahmukhi-alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Indië Indië[4]

Vlag van Pakistan Pakistan

Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: pa
ISO 639-2: pan
ISO 639-3: pan 
Verspreiding van Pandjabi

Pandjabi (Gurmukhi: ਪੰਜਾਬੀ, pãjābī; Sjahmukhi: پنجابی‬, paṉjābī, [pʌnˈdʒɑːbi])[5] is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 100 miljoen mense, veral Punjabi's, in die historiese distrik Punjab van Indië en Pakistan gepraat word.

Die woord "Pandjabi" in die Gurmukhi- en Sjahmukhi-alfabet
Verspreiding van etniese groepe in Pakistan volgens die CIA in 1980

Pandjabi is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstaat Punjab. In Pakistan is Pandjabi nie 'n amptelike taal nie, maar wel 'n streektaal in Punjab en die mees gebruikte taal in Pakistan, nog voor die amptelike taal Oerdoe. Pandjabi is wêreldwyd die tiende belangrikste taal. Pandjabi bestaan uit 'n oostelike en 'n westelike dialek. Dit is die naaste verwant aan Dogri en Sindhi.

Die Sikhs gebruik Pandjabi as seremoniële taal in die Gurmukhi-alfabet, terwyl Hindoes die Devanagari-alfabet gebruik en Pakistani's die Shahmukhi-alfabet. In Sikhisme is Pandjabi onder meer die taal van die heilige skrifte Adi Granth.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Punjabi, Eastern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 9 Augustus 2019.
  2. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Punjabi, Western" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 9 Augustus 2019.
  3. (en) Skatting vir 2001 volgens George Cardona en Dhanesh Jain: General Introduction. In: George Cardona en Dhanesh Jain (uitgewer): The Indo-Aryan Languages. Routledge, London 2003. bl. 2.
  4. (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
  5. (en) Kachru, Braj B.; Kachru, Yamuna; Sridhar, S. N. (27 Maart 2008). Language in South Asia. Cambridge University Press. p. 128. ISBN 978-1-139-46550-2. Besoek op 7 Junie 2015. Sikhs often write Punjabi in Gurmukhi, Hindus in Devanagari, and Muslims in Perso-Arabic.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Pandjabi
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Pandjabi