Sekelgras

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Pogonarthria squarrosa)
Jump to navigation Jump to search

Sekelgras
Pogonarthria squarrosa, habitus, Bronberg, a.jpg
habitus, Bronberg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Subtribus:
Genus:
Pogonarthra
Spesie:
Pogonarthria squarrosa

(Roem. & Schult.) Pilg.
Sinonieme
  • Diplachne menyharthii Hack.,
  • Eragrostis marlothii Hack.,
  • Leptochloa falcata Hack.,
  • Pogonarthria falcata (Hack.) Rendle

Die sekelgras[1] (Pogonarthria squarrosa (Roem. & Schult.) Pilg.) is 'n grasspesie wat inheems is aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die provinsies Noord-Wes, Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die ooste van Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit word ook in Lesotho, Eswatini, Mosambiek, Botswana en Namibië aangetref.

Dit is 'n meerjarige plant wat regop groei en 1,2 m hoog word. Dit het 'n opvallende bloeiwyse wat tot 40 cm lank kan word. Dit het 'n as wat reguit groei met talle kort en opwaarts gebuigde sytakkies, wat soos 'n visgraat lyk. Daarom heet dit in Engels die herringbone grass.

Sekelgras groei veral op versteurde grond. Dit is 'n harde en onsmaaklike subklimaksspesie[2] en word as 'minder gewens' vir beweiding beskou.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]