Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
bewerk 

{{{titel}}}

Usage

The layout design for these subpages is at Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/Uitleg.

  1. Add a new Selected article to the next available subpage.
  2. Update "max=" to new total for its {{ewekansige portaal komponent}} on the main page.

Selected articles list

1-20

Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/1

Die Tweede Vryheidsoorlog
Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse oorlog oftewel die Anglo-Boereoorlog het vanaf Oktober 1899 tot Mei 1902 geduur. Gedurende hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ou Transvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, kragte gemeet met die Britse Ryk, spesifiek die Kaapse en Natalse kolonies van Groot Brittanje. Die hele gebied waaroor hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.

Oor die sowat twee-en-'n-halwe jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester.

Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal vernietig deur die "Verskroeide Aarde Beleid" wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vrouens en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het gedurende die oorlog gesneuwel, en ten minste 20 000 Boere en 12 000 Afrikane of Bantoes het hul lewens in konsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling.


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/2

Die Krugerrand
Die Krugerrand is 'n Suid-Afrikaanse goudmuntstuk wat in die jaar 1967 vir die eerste keer uitgereik is en veral daarop gemik was om Suid-Afrikaanse goud in die buiteland te bemark. Die Krugerrand is 'n wettige betaalmiddel in Suid-Afrika, alhoewel dit nie werklik as 'n geldeenheid bedoel was nie.

Die goudmunt se naam is afgelei van die portret van Paul Kruger, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), op die voorkant, terwyl 'n springbok, een van Suid-Afrika se nasionale simbole, op die agterkant pryk. Die naam "Suid-Afrika" en die goudinhoud word in albei belangrike landstale, Afrikaans en Engels, aangedui.

Die Krugerrand was die eerste staafgoudmunt wat teen die markwaarde van sy goudinhoud gehandel is. By ander, ouer goudmunte soos die Britse Gold Sovereign is die waarde wat hulle as betaalmiddel het, op die voorkant ingegraveer, en dit kon aansienlik verskil van die waarde van hulle goudinhoud.


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/3

Rooivalk
Die Denel Lugvaart AH-2 Rooivalk is 'n moderne, Suid-Afrikaans ontwerpte aanvalshelikopter gebou deur Denel Aerospace Systems in Suid-Afrika.

Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) het tot op hede 12 Rooivalk AH-2As bestel waarvan die eerste in Julie 1999 operasioneel in diens geneem is. Die helikopters se tuisbasis is 16 Eskader by die lugmagbasis Bloemspruit naby Bloemfontein.


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/4

Konservatorium
Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Wes-Kaapse Boland.

Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar word in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881.

Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir die hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer en uitgegaan om 'n waardevolle bydrae in die praktyk te lewer. Op talle terreine van die samelewing speel oudstudente van Stellenbosch 'n belangrike rol. Sonder hulle sou Suid-Afrika vandag baie armer gewees het. Vandag word die Universiteit gereken onder die voorste universiteite in die suidelike halfrond en blink dit uit op die terrein van die onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens.


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/5

Ou Suid-Afrikaanse banknote en munte, reeds uit sirkulasie
Die Rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert die republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse Pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrandgebied, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme.[1] Dit is ook 'n amptelike geldeenheid in Suid-Afrika se buurlande Lesotho (saam met die loti), Namibië (saam met die Namibiese dollar), eSwatini (saam met die lilangeni) en 'n nie-amptelike geldeenheid van Zimbabwe (saam met verskeie ander geldeenhede). Die rand is vroeër ook in Botswana (1966–1976), Suidwes-Afrika (1961–1990) asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.
  • 'n Rand word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c)
  • Die Rand is beskikbaar in 7 muntstukke (5c, 10c, 20c, 50c, R1, R2 en R5) en 5 note (R10, R20, R50, R100 en R200). Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
  • Die ISO-geldeenheidkode is ZAR (afgelei van Nederlands: Zuid-Afrikaanse Rand), en die algemene notasie is die voorvoegsel R.

Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/6 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/6


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/7 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/7


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/8 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/8


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/9 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/9


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/10 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/10


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/11 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/11


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/12 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/12


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/13 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/13


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/14 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/14


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/15 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/15


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/16 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/16


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/17 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/17


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/18 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/18


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/19 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/19


Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/20 Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/20



Portaal:Suid-Afrika/Gekose artikel/Nominations

  1. Die agtergrond van die Suid-Afrikaanse Rand