Pous Franciskus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Franciskus
Pope Francis South Korea 2014.png
Coat of arms of Franciscus.svg
Geboortenaam Jorge Mario Bergoglio
Pontifikaat begin 13 Maart 2013
Pontifikaat eindig
Voorganger Benedictus XVI
Gebore 17 Desember 1936 (1936-12-17) (80 jaar oud)
Buenos Aires, Argentinië
Kardinaal Jorge Bergoglio in 2008

Pous Franciskus (Latyns: Franciscus PP. [franˈtʃiskus], Italiaans: Francesco [franˈtʃesko], Spaans: Francisco; gebore op 17 Desember 1936 in Buenos Aires, Argentinië, as Jorge Mario Bergoglio[1]) is die 266ste en huidige pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad.[2] Hy is op 13 Maart 2013 verkies tydens die konklaaf van 2013, wat gehou is na die aftreding van Pous Benedictus XVI. Tot die verkiesing het Jorge Mario Bergoglio as aartsbiskop en kardinaal-priester van Buenos Aires gedien.[3] Die naam ‘Franciskus’ beteken 'die vrye'.

Franciskus is as Argentyn die eerste Latyns-Amerikaner en Jesuïet wat tot hoof van die Rooms-Katolieke Kerk verkies is. Hy is ook die eerste pous vanuit die Amerikas, die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond. Die vorige pous wat van nie-Europese afkoms was, was die Siriër pous Gregorius III tussen 731 en 741. Franciskus het homself na Franciskus van Assisi, die "heilige van die armes", genoem,[4] en sy slagspreuk is Miserando atque eligendo.[5] Hy is op 19 Maart 2013 ingehuldig.[6]

Jorge Mario Bergoglio is van Italiaanse afkoms en praat Italiaans, Spaans, Duits en Latyn.[7] Hy het ook kennis van Engels, Frans en vermoedelik van Portugees.[8]

Saligverklarings[wysig | wysig bron]

Heiligverklarings[wysig | wysig bron]

Bulle, briewe, ensiklieke en konstitusies[wysig | wysig bron]

Pous Franciskus se handtekening
Lande wat Franciskus besoek het
Bulle
  • Misericordiae vultus ("Aangesig van Genade", 11 April 2015)
Briewe
  • Evangelii gaudium ("Vreugde van die Evangelie", 24 November 2013)
  • Fidelis dispensator et prudens ("Getroue en verstandige bestuurders", 24 Februarie 2014)
  • "Apostoliese brief vir die jaar van die gewyde lewe" (21 November 2014)
  • Amoris laetitia ("Die vreugde van liefde", 8 April 2016)
Ensiklieke
  • Lumen Fidei ("Lig van die geloof", 29 Junie 2013)
  • Laudato si’ ("Geseënd is jy", 18 Junie 2015)
Konstitusies
  • Vultum Dei quaerere ("Op soek na die aangesig van God", 22 Julie 2016)

Verwysings[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • (en) 2010: Cardinal Argentin: Jorge Mario Bergoglio, Leonardo Sandri, Estanislao Esteban Karlic, Eduardo Francisco Pironio, Ral Primatesta, Livres Groupe, ISBN 978-1159403461
  • (es) Horacio Verbitsky: El silencio: de Paulo VI a Bergoglio: las relaciones secretas de la Iglesia con la ESMA. Sudamericana, Buenos Aires 2005, ISBN 978-950-07-2035-9.
  • (es) Sergio Rubín, Francesca Ambrogetti: El jesuita : conversaciones con el cardenal Jorge Bergoglio. Javier Vergara Editor, Buenos Aires 2010, ISBN 978-950-15-2450-5.
  • (es) Sergio Rubin, Francesca Ambrogetti: El Papa Francisco. Conversaciones con Jorge Bergoglio.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Voorafgegaan deur:
Antonio Quarracino
Aartsbiskop van Buenos Aires
1998–2013
Opgevolg deur:
Mario Aurelio Poli
Voorafgegaan deur:
Benedictus XVI
Pous (Pontifex Maximus)
2013–hede
Opgevolg deur:
--