Skêrstert

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Ptereleotris evides)
Spring na: navigasie, soek
Skêrstert
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Microdesmidae
Genus: Ptereleotris
Spesie: P. evides
Binomiale naam
Ptereleotris evides
(Jordan & Hubbs, 1925)

Die Skêrstert (Ptereleotris evides) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooi See tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Scissortail goby.

Voorkoms[wysig]

Die vis het 'n lang lyf met die dorsale en anale vinne wat ewe groot en amper identies lyk. Die bekken vinne is klein en die lyf is bedek met klein skubbetjies. Die kop en voorste gedeelte van die lyf is blouerig terwyl die agterste helfte van die lyf en die dorsale en anale vinne donker blou na swart is. Die sentrale gedeelte van die holronde stert is bleekwit. Die onvolwasse vissies is lig blou van kleur met 'n donker blou kol by die basis van die onderste lob van die stert. Die vis word tot 13 cm lank.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraal en rotsriwwe tussen water wat 2 – 30 m diep is. Die volwasse visse leef in pare saam en die onvolwasse visse leef in skole saam in beskermde kuswater. Hulle vreet soöplankton. Die vis kan oorleef in 'n akwarium maar nie saam met aggressiewe visse nie.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]