Purussaurus
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Purussaurus | |
---|---|
’n Voorstelling van P. brasiliensis. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Purussaurus Holland, 1909
|
Tipespesie | |
Purussaurus brasiliensis (Barbosa-Rodrigues, 1892) | |
Ander spesies | |
|
Purussaurus is ’n uitgestorwe genus van die kaaiman wat in die Mioseen, sowat 8 miljoen jaar gelede, in Suid-Amerika voorgekom het. Dit is bekend danksy skedelmateriaal wat in die Brasiliaanse en Peruaanse Amasone en Noord-Venezuela ontdek is.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Purussaurus is een van die grootste bekende Krokodilagtiges wat ooit geleef het. Die geraamde lengte van sy skedel is 140 cm.[1] Paleontoloë raam die dier was sowat 12,5 m lank en het sowat 8,4 ton geweeg.[2]
Die grootte en krag van die dier het dit vermoedelik in staat gestel om ’n groot verskeidenheid prooi te vang. Dit sou groot tot baie groot gewerweldes geëet het.
Navorsers meen die dier se grootte het hom ook baie kwesbaar gemaak, buiten die baie voordele. Die voortdurend veranderende omgewing het waarskynlik sy oorlewing benadeel en tot voordeel van kleiner spesies gestrek wat makliker by ekologiese veranderings kan aanpas.[2]
Rhamphosuchus het min of meer dieselfde tyd geleef, maar was ietwat kleiner.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Aguilera, Orangel A.; Riff, Douglas; Bocquentin‐Villanueva, Jean (2006). "A new giant Purussaurus (Crocodyliformes, Alligatoridae) from the Upper Miocene Urumaco Formation, Venezuela". Journal of Systematic Palaeontology. 4 (3): 221–232. doi:10.1017/S147720190600188X. ISSN 1477-2019.
- ↑ 2,0 2,1 Aureliano, Tito; Ghilardi, Aline M.; Guilherme, Edson; Souza-Filho, Jonas P.; Cavalcanti, Mauro; Riff, Douglas (2015). "Morphometry, Bite-Force, and Paleobiology of the Late Miocene Caiman Purussaurus brasiliensis". PLOS ONE. 10 (2): e0117944. doi:10.1371/journal.pone.0117944. ISSN 1932-6203.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Tetrapod Zoology oor Purussaurus Geargiveer 29 Maart 2012 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Purussaurus.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia