Pylkop-seepvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Pylkop-seepvis
Bewaringstatus

Nie geëvalueer (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Serranidae
Subfamilie: Grammistinae
Genus: Belonoperca
Spesie: B. chabanaudi
Binomiale naam
Belonoperca chabanaudi
Fowler & Bean, 1930

Die Pylkop-seepvis (Belonoperca chabanaudi) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van Kenia tot by Sodwanabaai. Dit kom nie voor in die Rooisee of Oman nie. In Engels staan die vis bekend as die Arrowhead soapfish.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis se hele lyf is groen blou tot bruin van kleur en bedek met donkerbruin kolletjies. Daar is 'n helder geel vlek aan die bokant van die stertvin se basis en 'n groot swart kol met 'n blou rant op die eerste dorsale vin. Die vis word tot 15 cm groot.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in grotte en onder rotse in riwwe in water wat van 4 – 50 m diep is. Hulle eet hoofsaaklik klein vissies en skaaldiere. Die vis se vel produseer 'n toksiese slym as 'n afweermiddel. Dit gee die vis 'n slegte smaak.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]