Reënboog-lipvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Reënboog-lipvis
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Labridae
Cuvier, 1816
Genus: Halichoeres
(Rüppell, 1835)
Spesie: H. iridis
Binomiale naam
Halichoeres iridis
Randall & Smith, 1982

Die Reënboog-lipvis (Halichoeres iridis) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan; die Rooisee, Oman en langs die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Rainbow wrasse.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 11 cm lank en het klein, skraal lyf. Beide geslagte lyk dieselfde. Die lyf is donkerrooi en die kop is oranje met groen merke. Die dorsale vin is witterig tot liggeel. Die onvolwasse visse is donkerbruin met 'n bruingeel kop en twee prominente blou oogvlekke op die dorsale vin.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 15 tot 40 m diep is. Hulle swem gewoonlik op die bodem rond in sanderige en rommel areas. Die visse vreet klein ongewerweldes. Die spesie is sku.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]