Reitz-aalwyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Reitz-aalwyn
Aloe reitzii 01.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
A. reitzii
Binomiale naam
Aloe reitzii

Die Reitz-aalwyn (Aloe reitzii) is 'n skaars en bedreigde Suid-Afrikaanse aalwyn. Twee variëteite word erken: var. reitzii wat slegs in die Tonteldoos-vallei, tussen Roossenekal en Dullstroom in die natuur groei en var. vernalis wat in die noordelike deel van KwaZulu-Natal aangetref word. Die spesie is vernoem na F.W. Reitz, die voormalige president van die Oranje-Vrystaat en staatssekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek.[1]

Beskrywing[wysig | wysig bron]

'n Bloeiwyse

Die Reitz-aalwyn is gewoonlik 'n stamlose, kort plant met 'n enkele roset wat nie hoër as 1,5 meter word nie. Die blare is seegroen en met 'n waslaag bedek. Hulle groei gewoonlik opwaarts. Beide oppervlaktes van jong plante se blare is gewoonlik met doring bedek, maar hulle verdwyn soos die plante ouer word, behalwe dat 'n enkele ry dorinkies gewoonlik op die agterkant van jong blare te sien is. Laasgenoemde eienskap help om die spesie uit te ken, selfs as dit nie blom nie.[2]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. van Wyk, Ben-Erik (1996). Guide to the Aloes of South Africa. Pretoria: Briza Uitgewers. p. p.158. Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: Ekstra teks (link)
  2. Jeppe, Barbara (1974). South African Aloes. Kaapstad: Purnell. p. p.2.AS1-onderhoud: Ekstra teks (link)