Renosterrivier (Vaal)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Vir ander riviere met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsbladsy by Renosterrivier.
Renosterrivier
Oorsprong Petrus Steyn
Monding Vaalrivier
Stroomgebied Vrystaat, Suid-Afrika
Monding-hoogte 1 451 m
Ligging van Renosterrivier op 'n kaart (Vrystaat)
Renosterrivier
Renosterrivier
Koördinate: 26°58′28″S 26°55′11″O / 26.97444°S 26.91972°O / -26.97444; 26.91972Koördinate: 26°58′28″S 26°55′11″O / 26.97444°S 26.91972°O / -26.97444; 26.91972

Die Renosterrivier is 'n sytak van die Vaalrivier in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika.

Die rivier ontspring by Petrus Steyn en vloei noordwes verby Heilbron tot in die Koppiesdam. Daarna vloei dit weswaarts verby die dorpie Koppies en onderdeur die N1 nasionale pad. Naby Viljoenskroon swenk dit noordwes, vloei onder deur die R59 en R501 en sluit by die Vaalrivier aan by Renovaal, ongeveer 25 km oos van Orkney. [1]

Die Renosterrivier het 'n opvangsgebied van ongeveer 6650 vierkante kilometer. [2] Die Koppiesdam is die enigste groot dam op die rivier, en is hoofsaaklik gebou vir besproeiingsdoeleindes. Die sytakke van die Renosterrivier is die Doringrivier, Elandsrivier, Gelukrivier, Hessebronspruit, Heuningspruit, Karoospruit, Rietspruit en die Vaalbankspruit.[2]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. River Health Programme (2003). State-of-Rivers Report: Free State Region River Systems. Department of Water Affairs and Forestry. Pretoria. ISBN No: 0-620-31794-9
  2. 2,0 2,1 eWisa - Water Institute of Southern Africa, Besoek op 3 Julie 2013