Driedoring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Rhigozum trichotomum)
Jump to navigation Jump to search

Driedoring
Die Futterpflanzen Deutsch-Südwestafrikas und Analysen von Bodenproben - botanische und chemische Untersuchungen (1914) (20730582669).jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
R. trichotomum
Binomiale naam
Rhigozum trichotomum
Burch.

Die driedoring (Rhigozum trichotomum Burch.) is 'n struik wat inheems aan Namibië en Suid-Afrika is. Dit kom veral in die Nama-Karoo voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[1]

Dit is 'n houtige meerjarige struik wat 1 - 2 m hoog word met doringagtige takkies wat gewoonlik in drieë aftak. Dit dra net klein blaartjies wat dit in die droë tyd verloor en dit kry klein wit blommetjies met 'n geel hart. Oorbeweide gebiede raak vinnig bedek met hierdie plant. Dit gee nie net slegte landbeheer aan, maar sorg ook dat die grond minder aan erosie blootstaan. Die plant is self nie smaaklik nie, maar tree op as verpleegsterplant vir ander jong plantjies. Dit kom in gebiede met 'n omreëlmatige reënval van 50 - 350 mm per jaar voor.[2]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2019.
  2. FAO.