Rian Malan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Rian Malan
Gebore 1954
Johannesburg
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Skrywer, joernalis
Bekend vir Roman, My Traitor's Heart

Rian Malan (gebore 1954 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis, dokumenteerder en liedjieskrywer van Afrikaner afkoms. Hy het bekendheid verwerf met sy outobiografiese roman My Traitor's Heart, wat soos die meeste van sy werke oor die Suid-Afrikaanse samelewing in 'n historiese en kontemporêre perspektief handel, en wat op rasseverhoudinge fokus. As 'n joernalis het hy vir groot koerante in Suid-Afrika, Groot-Brittanje en die VSA geskryf.

Malan het in 'n middel-klas en pro-apartheid Afrikaner-gesin in 'n wit voorstad van Johannesburg grootgeword. Hy het beskryf hoe hy as tiener 'n rockgroep gestig het wat met swart kunstenaars geassosieer het en hoe hy teen die apartheid-stelsel wou rebelleer terwyl hy nog weinig interaksie met swart mense gehad het. Om diensplig te vermy, wat daai tyd vir wit mans verpligtend was, trek hy in 1977 na Los Angeles waar hy as joernalis begin werk.[1][2]

Met sy terugkeer na Suid-Afrika in die 1980's skryf hy sy memoir My Traitor's Heart[3] waarin hy vertel van sy kinderdae in Suid-Afrika en waarin hy rasseverhoudinge verken deur prominente moordgevalle te beskryf.[4] Hy besin verder oor sy familie se geskiedenis, 'n vooraanstaande Afrikaner-stam wat in die 17de eeu na die Kaap gemigreer het, insluitend Daniël François Malan, die Suid-Afrikaanse Eerste Minister wat 'n groot ideologiese voorstander van apartheid was.[3] Die boek word later 'n beste-verkoper en word in 11 tale vertaal.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 De Vries, Fred (2008), The Fred de Vries Interviews – From Abdullah to Zille, Wits University Press, pp. 325, ISBN 978-1-86814-469-3 
  2. Hubbard, Kim (1990-03-26), "Rian Malan Follows His Troubled Heart Home to South Africa", People Magazine, http://www.people.com/people/archive/article/0,,20117171,00.html, besoek op 2009-09-06 
  3. 3,0 3,1 Malan, Rian, My traitor's heart: A South African exile returns to face his country, his tribe and his conscience, New York: Grove Press, ISBN 0-8021-3684-2 
  4. Adams, Tim (2007-03-25), "The dark heart of the new South Africa", The Observer, http://www.guardian.co.uk/books/2007/mar/25/southafrica.society, besoek op 2009-09-05