Richard Cock
Richard Cock (gebore in 1949) is 'n Suid-Afrikaans gebore musikant en dirigent wat tans in Johannesburg woonagtig is.
Vroeë lewe en onderwys
[wysig | wysig bron]Cock is in 1949 in Port Elizabeth gebore. Hy het sy opleiding aan Woodridge Kollege in die Oos-Kaap en aan die Diocesan Kollege en die Suid-Afrikaanse Musiekkollege in Kaapstad ontvang. Hy het in 1972 'n beurs van die Koninklike Skool van Kerkmusiek ontvang. [1]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Verenigde Koninkryk
[wysig | wysig bron]Hy was 'n alto by die Chichester Katedraal voordat hy in 1978 assistent-orrelis geword het. [2]Soos gebruiklik was vir die assistent-orrelis van die katedraal, was hy ook direkteur van musiek by die Prebendal-skool, d.i. die katedraal se koorskool. Hy het ook die Chichester Cathedral Choristers Association(CCCA) gestig. [3]
Suid-Afrika
[wysig | wysig bron]Cock het in 1980 na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het sedertdien by die SAUK, as musiekdirekteur van die Nasionale Simfonieorkes van Suid-Afrika (1991-1999), en as musiekdirekteur van St. Mary's Katedraal , Johannesburg, gewerk. Hy is die huidige artistieke direkteur van die Johannesburgse Feesorkes.[4][5][6]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Symphony Choir of Johannesburg". archive.is. 6 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2013. Besoek op 3 Januarie 2018.
{{cite news}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - ↑ Henshaw, Warwick Bardon. "Biographical Dictionary of the Organ | Richard Cock". www.organ-biography.info. Besoek op 3 Januarie 2018.
- ↑ "The Chichester Cathedral Choristers Association". www.chichestercca.co.uk (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2018. Besoek op 3 Januarie 2018.
- ↑ "Richard Cock - Artistic Director". archive.is. 6 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2013. Besoek op 3 Januarie 2018.
{{cite news}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - ↑ Richard Cock op Facebook
- ↑ "Richard Cock- Bio, Albums, Pictures – Naxos Classical Music". www.naxos.com. Besoek op 3 Januarie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Kulturele poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Ian Fox |
Assistent Orrelis vir Chichester Katedraal 1978-1980 |
Opgevolg deur Kenneth Sweetman |