Ronaldo Luiz Nazário de Lima

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ronaldo
Ronaldo.jpeg
Ronaldo tydens 'n perskonferensie in 2005
Persoonlike inligting
GeboortenaamRonaldo Luís Nazário de Lima
Gebore18 September 1976 (1976-09-18) (46 jaar oud)
GeboorteplekRio de Janeiro, Brasilië
Speelposisieaanvaller
Jeugloopbaan
1990–1993São Cristóvão[1]
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
1993–1994Cruzeiro14(12)
1994–1996PSV46(42)
1996–1997Barcelona37(34)
1997–2002Internazionale68(49)
2002–2007Real Madrid127(83)
2007–2008AC Milan20(9)
2009–2011Corinthians31(18)
Totaal343(247)
Nasionale span
1993Brasilië O177(5)
1996Brasilië O238(6)
1994–2011Brasilië98(62)
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).

Ronaldo Luís Nazário de Lima (Rio de Janeiro, 22 September 1976), beter bekend as Ronaldo, is 'n voormalige Brasiliaanse sokkerspeler. Hy speel onder meer vir Cruzeiro, PSV, FC Barcelona, Internazionale, Real Madrid, AC Milan en die Brasiliaanse nasionale sokkerspan. Hy is 'n veelvuldige speler en word as een van die beste skoppers van alle tye gereken. Hy staan ook bekend onder die bynaam O Fenômeno ("Die verskynsel").

Hy is aangewys as Wêreldsokkerspeler van die Jaar in 1996, 1997 en 2002. Sy bekendste bynaam is O Fenômeno ("Die verskynsel"). Ten spyte van sy vele suksesse as speler, is sy loopbaan teruggehou deur herhalende kniebeserings. Hy het ook in die latere jare van sy loopbaan met vetsug gesukkel, en daarom word daar soms na hom verwys as "vet Ronaldo", om hom van Cristiano Ronaldo te onderskei.

Ronaldo is sedert September 2018 die klubeienaar van Real Valladolid nadat hy 51% van die klub se aandele gekoop het. In Desember 2021 het hy 'n meerderheidsbelang in sy jeugklub Cruzeiro vir $70 miljoen gekoop.

Internasionale loopbaanstatistieke[wysig | wysig bron]

Vir die Brasiliaanse nasionale sokkerspan:[2]

Jaar Kere uitgedraf Doelskoppe
1994 4 1
1995 6 3
1996 4 5
1997 20 15
1998 10 5
1999 10 7
2000 0 0
2001 0 0
2002 12 11
2003 8 3
2004 11 6
2005 5 1
2006 7 5
Totaal 97 62

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Após início pobre em Bento Ribeiro, Ronaldo conquista o mundo". Globo Esporte (in Portugees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 29 Januarie 2014.
  2. http://www.rsssf.com/miscellaneous/ronaldo-intlg.html

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]