Rooibek-kabeljou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rooibek-kabeljou
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Serranidae
Genus: Aethaloperca
Spesie: A. rogaa
Binomiale naam
Aethaloperca rogaa
Forsskål, 1775

Die Rooibek-kabeljou (Aethaloperca rogaa) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese oseaan, die Persiese Golf en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Redmouth rockcod. Die vis is raar in Suid-Afrikaanse waters.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 60 cm lank en het 'n diep lyf. Dit is regoor die lyf donker bruin tot swart en daar is dikwels 'n wit streep op die pens. Die binnekant van die mond is rooi, vandaar die naam.

Hulle leef in koraalriwwe in water wat 10 tot 50m diep is. Hulle word dikwels in die nabyheid van onderwater grotte gewaar. Die vis is alleenlopers of kan in pare saamleef. Hulle vreet hoofsaaklik skaaldiere en klein vissies wat in skole leef naby grotte.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]