Rooioogtiptol
Voorkoms
Rooioogtiptol | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. nigricans
|
Binomiale naam | |
Pycnonotus nigricans (Desfontaines, 1789)
| |
Die rooioogtiptol (Pycnonotus nigricans) is 'n algemene, amper endemiese standvoël en plaaslike nomade in dorre savanne, rivierbos en tuine. In Engels staan die voël bekend as die Black-fronted bulbul of die African red-eyed bulbul.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die voël word 19 cm lank en weeg 22 tot 36 gram. Die rooi oogkring is kenmerkend van die spesie.
Voortplanting
[wysig | wysig bron]Hierdie voëls lê 3 eiers op 'n slag. Die eiers is pienk getint met donker merke daarop.
Verspreiding en woongebied
[wysig | wysig bron]Die spesie word in Namibië, Botswana en die westelike dele van Suid-Afrika in rivierbos en in droë struikgewasse naby water aangetref. Daar is twee subspesies:
- P. n. nigricans: suidwestelike Angola, Namibië, Botswana en westelike Suid-Afrika.
- P. n. superior: sentrale dele van Suid-Afrika.
-
Badroetine
-
Badroetine, deel 2
-
Badroetine, deel 3
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooioogtiptol.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Rooioogtiptol