São Tomé en Príncipe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf São Tomé en Principe)
Spring na: navigasie, soek
República Democrática de São Tomé e Príncipe
Demokratiese Republiek São Tomé en Príncipe
Vlag van São Tomé en Príncipe Wapen van São Tomé en Príncipe
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Unidade, Disciplina, Trabalho
(Portugees vir: "Eenheid, Dissipline, Arbeid")
Volkslied: Independência total
(Portugees vir: "Totale onafhanklikheid")
Ligging van São Tomé en Príncipe
Hoofstad São Tomé

0°20′N 6°44′O / 0.333°N 6.733°O / 0.333; 6.733

Grootste stad São Tomé
Amptelike tale Portugees
Regering Unitêre semi-presidensiële
republiek[1]
Evaristo Carvalho
Patrice Trovoada
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van Portugal


12 Julie 1975
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
964 km2  (184ste)
372 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
190 428[2] ()
192 993
187,17 / km2 (69ste)
485,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$707 miljoen[3]
$3 403[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$356 miljoen[3]
$1 715[3]

MOI (2014) Green Arrow Up Darker.svg 0,555[4] (143ste)  –  medium
Gini (2010) 33,9[5] –  hoog
Geldeenheid Dobra (STD)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .st
Skakelkode +239
Kaart van São Tomé en Principe

São Tomé en Príncipe (Portugees: São Tomé e Príncipe [sɐ̃w tuˈmɛ i ˈpɾĩsɨpɨ]), amptelik die Demokratiese Republiek São Tomé en Príncipe (IFA uitspraak: /sɐ̃w̃ tu.'mɛ i 'pɾı̃.sɨ.p(ɨ)/), is 'n klein eilandnasie in die Golf van Guinee. Dit bestaan uit twee eilande: São Tomé en Príncipe, omtrent 140 km van mekaar geleë en onderskeidelik omtrent 250 en 225 km van die noordwestelike kus van Gaboen. São Tomé en Príncipe is tussen die twee eilande Bioko en Annobón geleë, wat deel uitmaak van Ekwatoriaal-Guinee. Die hoofstad en grootste stad is São Tomé.

Beide eilande is deel van 'n aktiewe vulkaniese bergreeks wat van die Kameroenberg in die noordooste oor die vier eilande São Tomé, Príncipe, Bioko en Annobón tot in die suidweste in die Golf van Guinee strek. Die Ilha de São Tomé, die groter en suidelike eiland, is byna reg op die ewenaar geleë. Dit is genoem na Sint Thomas omdat Portugese ontdekkers die eiland op Sint Thomasdag (21 Desember 1471) ontdek het, terwyl Ilha do Príncipe die "prins se eiland" beteken.

Demografie[wysig | wysig bron]

'n Mark in die hoofstad São Tomé

Van die bevolking van 190 428 in 2014 woon ongeveer 157 500 op São Tomé, 6 000 op Príncipe en nog ander op ander eilande. Die verskillende rasse behels:

  • Mestiços: afstammelinge van slawe aan die begin van die koloniale era en Europeërs;
  • Angolares: dikwels vissers, die tradisie wil dit hê dat hulle die afstammelinge is van oorlewendes van 'n skeepswrak in 1540;
  • Forros: afstammelinge van bevryde slawe teen die tyd van die afskaffing van slawerny;
  • Serviçais: kontrakarbeiders uit Angola, Mosambiek en Kaap Verde;
  • Tongas: Kinders a.g.v. vermenging tussen Serviçais en Forros;
  • Europees: Mense van Europa, meestal Portugese.
  • Asiaties: Mense van Asië, meestal Han-Sjinese.

Meer as 80% van die bevolking is Christene.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Landbou (kakaoverbouing) is baie belangrik en maak die grootse gedeelte van die ekonomie uit, maar dié land is ook op soek na ru-olie in die Golf van Guinee.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Octávio Amorim Neto; Marina Costa Lobo (2010). “Between Constitutional Diffusion and Local Politics: Semi-Presidentialism in Portuguese-Speaking Countries”. Social Science Research Network. URL besoek op 5 September 2016.
  2. (en) The World Factbook – Field Listing – Population – CIA”. Central Intelligence Agency. URL besoek op 5 September 2016.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) São Tomé and Príncipe”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 5 September 2016.
  4. (en) 2014 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 5 September 2016.
  5. (en) GINI index”. Wêreldbank. URL besoek op 5 Desember 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Afrika

Lande: Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: (Cabinda - Galmudug - Puntland) - Somaliland - Wes-Sahara
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika