Die klub is in 1911 gestig as Germania Grohn. Die klub het later by Ball-Spielverein Grohn (gestig in 1922) aangesluit. Na die Tweede Wêreldoorlog is al die sportklubs in Bremen deur die Geallieerdes ontbind, maar die klub het in 1945 herstig deur saam te smelt met TV Grohn von 1883. Die nuwe klub was genoem Sportgemeinschaft Grohn. In 1947 is die klub herdoop na TSV Grohn von 1883 en in 1956 het die sokkerafdeling onafhanklik geword met die huidige naam.
Die klubs se grootste prestasie was om in die 1943/44-seisoen in die Gauliga Weser-Ems op die hoogste vlak mee te ding en met SV Werder Bremen af te reken in 'n tuis-ligawedstryd (3-1).