Sand du Plessis-teaterkompleks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sand du Plessis-teaterkompleks
Stad of dorp Bloemfontein
Land Suid-Afrika
Sitplekke Sowat 1 260
Geopen 1 Augustus 1985
Webtuiste Sand du Plessis (by Pacofs)

Die Sand du Plessis-teaterkompleks is geleë in Markgraaffstraat, Bloemfontein. Dit is ’n groot veeldoelige teatersentrum wat op 1 Augustus 1985 geopen is[1] as die tuiste van die Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat (Sukovs). Dit beslaan ’n hele straatblok en het twee formele ruimtes. Dit is genoem na Sand du Plessis, eertydse administrateur van die Vrystaat.[2] Die hoof-ingenieur van die projek was Henk Boting.

Die hoofteater het 964 sitplekke en kan aangepas word vir groot aanbiedings van drama, musiekspele, popkonserte, opera, ens. Dit is geopen met Verdi se Nabucco en Shakespeare se The Merchant of Venice.

André Huguenet-teater[wysig | wysig bron]

’n Tweede ruimte in die teater is genoem na die Suid-Afrikaanse akteur André Huguenet, wat in Bloemfontein gebore is. Dit is ’n kleiner, eksperimentele teater met 300 sitplekke en kan ook dien as ’n TV-ateljee. Dit is in 1985 geopen met twee Afrikaanse produksies, Bloedbruilof deur Lorca op 28 Augustus en Don Juan onder die Boere deur Bartho Smit op 4 September.

Skaatsplankry[wysig | wysig bron]

Die teatergebou is ook bekend as die skaatsplankpark van Bloemfontein. Skaatsplankryers kom elke Saterdag hier byeen om saam hul sport te beoefen.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]