Sandkool

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Sandkool
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
L.
Spesie:
O. auriculifolia
Binomiale naam
Othonna auriculifolia
Licht. ex Less

Die sandkool[1] (Othonna auriculifolia Licht. ex Less[2]) is 'n plant wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap asmede die westelike Vrystaat voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[3]

Dit is 'n meerjarige geofiet met 'n raapvormige koudeks wat een of meer wollerige krone het.[4] Die plant se loof is giftig vir kleinvee.[5]

Dit is saam met Passerina truncata kenmerkend aan die Passerina-truncata-tipe bergrenosterveld van die Hantam-Tankwa-Roggeveld-streek. Hierdie tipe renosterveld word net op doleriete op hoogtes van 1500 m en meer op die Hantamberge en in hooggeleë dele van die Roggeveld aangetref. Hier groei baie struikgewas, maar min grasse of eenjarige plante.[6]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. ook: wildepatat, boegoekruid
  2. Plant list.
  3. SANBI-rooilys.
  4. Illustrated Handbook of Succulent Plants: Dicotyledons Springer Science & Business Media, 2002, ISBN 3-540-41966-7, ISBN 978-3-540-41966-2 G.D. Rowley bls. 23
  5. Traditional Veterinary Practice in Africa TZ-Verlag-Ges., 1994 ISBN 3-88085-502-1, ISBN 978-3-88085-502-1, bls 143
  6. Vegetation of the Hantam-Tanqua-Roggeveld subregion, South Africa. Part 1: Fynbos Biome related vegetation Helga Van Der Merwe; Margaretha W. Van Rooyen; Noel Van Rooyen Koedoe 50(1) Kaapstad Jan. 2008