Sarmiento

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sarmiento
Ligging van Sarmiento op 'n kaart (Argentinië)
Sarmiento
Sarmiento
Koördinate: 45°35′0″S 69°05′0″W
Land Vlag van Argentinië Argentinië
Provinsie Chubut
Stigting 21 Junie 1897
Regering
 - Burgemeester Sebastián Balochi
Hoogte 258 m (846 vt)
Bevolking (2001)
 - Stad 8 028
Tydsone ART (UTC-3)
Poskode 9020
Skakelkode(s) 0297
Webwerf: coloniasarmiento.gov.ar

Sarmiento is 'n dorp in die Chubut-provinsie van Argentinië. Daar bly sowat 8 000 inwoners volgens die 2001 volkstelling en is die hoofdorp van die gelyknamige departement. Dit is geleë in die sogenaamde Sentrale Straat van Patagonië, binne 'n vrugbare vallei in die middel van 'n andersins dorre gebied, 140 km wes van Comodoro Rivadavia, in die suide van Chubut. Dit lê tussen twee mere die Mustersmeer en die Colhue Huapi-meer. Aantreklikhede sluit die versteende woud en grottekeninge in.

Geskiedenis[wysig]

Sarmiento is gestig deur nedersetting van immigrante, hoofsaaklik uit Wallis. In die vroeë 1900's het daar ook 'n immigrasiegolf Litauers aangekom.

In 1903 het 600 Afrikaner-gesinne in Argentinië na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog aangekom. Hulle het hul in hierdie gebied gevestig omrede dit, anders as die kusstad Comodoro Rivadavia waar hul eers was, voorsiening van water gebied het. Die afstammelinge van hierdie koloniste het 'n groot deel van Sarmiento beslaan, praat steeds Afrikaans en behoort tot vandag toe aan die Nederduits Hervormde Kerk. So onlangs soos die 1960's is Afrikaans nog algemeen gepraat, maar dit het vandag verander soos die Afrikaanse bevolking by die Argentynse kultuur en gemeenskap begin aanpas het.