See-appel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
See-appel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Echinodermata
Klas: Holothuroidea
Orde: Dendrochirotida
Familie: Cucumariidae
Genus: Pseudocolochirus
Spesie: P. unica
Binomiale naam
Pseudocolochirus unica
(Cherbonnier, 1988)

Die see-appel (Pseudocolochirus unica) is 'n seekomkommer wat leef in rots- en koraalriwwe tot op dieptes van 40 m. Dit kom voor in die Indiese-Stille Oseaan gebied asook van Mosambiek tot by die noorde van KwaZulu-Natal. Die dier se kleurskema varieer maar die pers en geel skema is die mees algemeenste. Die lyf is rond en die mond word omring met digte, veeragtige tentakels. Buis voete aan die kante is gewoonlik sigbaar. Dit word tot 200 mm lank. Die dier is 'n filterfitreerder en is 'n rare spesie.

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3