Sepang Internasionale Renbaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Sepang Internasionale Renbaan

Die Sepang Internasionale Renbaan is geleë langs die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe en 20 km buite die stedelike gebied van Kuala Lumpur.

Uitleg en Fisiese Uitdagings[wysig | wysig bron]

Die baan bied 'n groot fisiese uitdaging omdat dit vele hoëspoeddele en ook skerp draaie het. Die gebied word ook gekenmerk deur warm en bedompige weersomstandighede wat baie onvoorspelbaar is en dus vinnig kan verander.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die baan is deur 'n Duitse ontwerper, Hermann Tilke, ontwerp. Konstruksie het vroeg in 1998 begin en in September 1999 voltooi, betyds vir die eerste Formule Een Maleisiese Grand Prix, wat deur Eddie Irvine in 'n Ferrari gewen is.

Die Grand Prix Motorfietskampioenskap word ook elke jaar sedert 2000 hier gehou.