Sien Jou Môre
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Sien jou môre)
Sien Jou Môre | |
---|---|
Regisseur | Elmo de Witt |
Produksieleier | Tommie Meyer, Ben Vlok |
Met | Chris du Toit, Clasie Botha, Franz Marx e.a. |
Verspreider | Kavalier Films |
Uitgereik | 1970 |
Speeltyd | 86 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Sien Jou Môre is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1970 deur Kavalier Films vervaardig en uitgereik is. Dit is ’n kykie na die sestigerjare in Suid-Afrika, ’n era van dwelms, partytjies en sorgelose verhoudings, en was ’n gewaagde prent vir dié tyd.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n drama.
Akteurs
[wysig | wysig bron]Van die akteurs is Chris du Toit, Clasie Botha, Tony Jay, Franz Marx en Francois van Heyningen.
Storielyn
[wysig | wysig bron]Dis die sestigerjare en twee studente, Tien en Nelia, is verlief. ’n Vriendin sterf aan ’n oordosis en kort daarna pleeg haar vriend selfmoord. Tien voel ’n professor is vir albei se dood verantwoordelik en ’n konfrontasie ontstaan tussen die mans wat tot ’n tragedie lei.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Inligting oor die fliek[dooie skakel]