Silwerboom
Voorkoms
Silwerboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. argenteum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron argenteum | |
Kaart van die oorblewende Silwerbome in Kaapstad. | |
Sinonieme | |
|
Die silwerboom (Leucadendron argenteum) is 'n boom wat vinnig groei en gewild is as 'n sierboom. Die boom het syagtige, silwergrys blare terwyl die manlike blomme appelkooskleurig en die vroulike blomme silweragtige keëls is. Die boom verkies vol son en matige water om te groei. Die blomtyd is in Augustus tot September. Die silwerboom is een van die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika se amptelike simbole waar dit endemies is.[1] Die plant se FSA-nommer is 77[2].
Galery
[wysig | wysig bron]-
Silwerbome is amper tot uitsterwing gedryf deur die aanplant van kommersiële denneplantasies.
-
'n Groot Silwerboom naby Rhodes Memorial.
-
Jong Silwerbome op Duiwelspiek, Tafelberg.
-
Silwerboombos aan die voet van Duiwelspiek.
-
Sedert die gedeeltelike verwydering van dennebome, het die Silwerbomebosse geleidelik begin terugkeer.
-
Die blare van Leucadendron argenteum is sag en fluweelagtig.
-
Nuwe uitgroeisel.
-
Die silwer kleur van die blare is te danke aan die sagte fluweelagtige hare.
-
Na die blomperiode, produseer die vroulike bome keëls wat uiteindelik oopmaak om klein ronde neute vry te stel.
-
Monster van 'n keël, sade, blare en onvolwasse plant.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Silwerboom.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Silwerboom
Amptelike simbole van die provinsie Wes-Kaap | |||
---|---|---|---|
Blom: | Boom: | Voël: | Dier: |
die bakkiesblom | die silwerboom | die Kaapse suikervoël | die bontebok |
Disa unflora | Leucadendron argenteum | Promerops cafer | Damaliscus pygarus |