Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe
Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: GBE – ICAO: FBSK | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Regering | ||
Bedien | Gaborone | ||
Ligging | Gaborone, Botswana | ||
Spil vir | Air Botswana | ||
Hoogte bo seevlak | 3 299 vt / 1 006 m | ||
Landkaart | |||
Ligging in Botswana | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
08/26 | 13 123 | 4 000[1] | Beton |
Statistieke (2020) | |||
Passasiers | 117 227[2] |
Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe (IATA-kode: GBE, ICAO: FBSK), geleë 15 kilometer (9 myl) noord van Gaborone, is die internasionale lughawe van die hoofstad van Botswana. Die lughawe is vernoem na Sir Seretse Khama, die eerste president van Botswana.[3] Dit is in 1984 geopen en bied goeie kapasiteit om streeks- en internasionale lugverkeer te hanteer en het die grootste passasiersbeweging in die land.
Klimaat
[wysig | wysig bron]Die gebied rondom Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe is byna volledig omring deur woonhuise.[4] Die klimaat is oor die algemeen warm.[5] Die gemiddelde temperatuur was 23 °C. Die warmste maande is November op 30 °C, en koudste Junie, met 14 °C.[6] Die gemiddelde reënval is 460 millimeter per jaar. Die natste maand is Desember met 109 mm reën, en die droogste in Mei met slegs 2 mm. [7]
Lugrederye en bestemmings
[wysig | wysig bron]- Air Botswana — Kaapstad, Francistown, Harare, Lanseria-lughawe, O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg, Kasane, Lusaka, Maun, Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe, Nairobi, Victoria-waterval
- Airlink — O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg [8]
- Kenya Airways — Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe, Nairobi
- South African Express — O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg
- TAAG Angola Airlines — Luanda
Botswana Weermag se lugvleuel
[wysig | wysig bron]Die Botswana Weermag se "VIP Flight Wing" is by die lughawe gestasioneer.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Konstruksiewerk aan die gaan
-
'n Air Botswana-vliegtuig land op S.S. Khama Lughawe, 2011
-
Ou binnekant van Sir Seretse Khama Lughawe
-
Sir Seretse Khama Lughawe in 2019
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Civil Aviation Authority of Botswana–Sir Seretse Khama International Airport (GBE)
- ↑ Lughawe-statistiek
- ↑ "Ministry of Works & Transport. Department of Civil Aviation". Department of Civil Aviation. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2008. Besoek op 5 September 2009.
- ↑ "NASA Earth Observations: Land Cover Classification" (in Engels). NASA/MODIS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 Januarie 2016.
- ↑ Peel, M C; Finlayson, B L. "Updated world map of the Köppen-Geiger climate classification". Hydrology and Earth System Sciences. 11: 1633–1644. doi:10.5194/hess-11-1633-2007. Besoek op 30 Januarie 2016.
- ↑ "NASA Earth Observations Data Set Index" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 30 Januarie 2016.
- ↑ "NASA Earth Observations: Rainfall" (in Engels). NASA/Tropical Rainfall Monitoring Mission. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 30 Januarie 2016.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 20 Junie 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |