Gaan na inhoud

Sirkoniumdisilisied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Sirkoniumdisilisied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule ZrSi2
Molêre massa 147,39[1]
CAS-nommer 12039-90-6[1]  
Voorkoms grys vastestof[1]  
Reuk reukloos[1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=372pm; b=1469pm; c=369pm;[2]  
Ruimtegroep Cmcm[2] 
Nommer 63  
Strukturbericht C49
Smeltpunt
Kookpunt
Digtheid (X-straal) 4,90 [g/cm3]; gemeet 5,2 [g/cm3][2]
Oplosbaarheid onoplosbaar; sien teks

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Sirkoniumdisilisied is 'n verbinding van sirkonium en silikon met formule ZrSi2.

Kristalstruktuur

[wysig | wysig bron]

ZrSi2 kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe is vir die C49-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.[3]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Dit is 'n bros vastestof, wat onoplosbaar is in perchloorsuur, swaelsuur, soutsuur, salpetersuur en 50% oplossings van natrium- en kaliumhidroksied. Dit los op in gesmelte boraks, NaOH, KOH en in 1:1 fluoorsuur.

In gesmelte boraks tas dit vinnig platinum aan.[2]

Sintese

[wysig | wysig bron]

Die verbinding kan met 'n aluminotermiese metode verkry word. 'n Mengsel van ystervrye sand, aluminiumpoeier, swael en ZrO2 word in 'n vuurvaste smeltkroes gedoen en met 'n lagie magnesiumpoier bedek en aangesteek. [2] Dit kan ook vervaardig word deur sirkoniumpoeier en silikonpoeier te meng en tot 1100 °C te verhit.[4]

Gebruike

[wysig | wysig bron]

Die stof is te bros om as vuurvaste stof vir sy hardheid gebruik te word. Dit is egter suurvast en bied goeie weerstand teen oksidasie deur suurstof teen temperature van 900 - 1100 °C en is as 'n bekledingsmateriaal in kernreaktore ondersoek.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Zirconium silicide". PubChem NIH.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 PERRY G. COTTER, J. A. KOHN, R. A. POTTER (1956). "Physical and X-Ray Study of the Disilicides of Titanium, Zirconium, and Hafnium". Journal of The American Ceramic Society-Cotter. 39 (1): 11–12.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. "ZrSi2 (C49) Structure: A2B_oC12_63_2c_c". Aflow.
  4. 4,0 4,1 Jae Joon Kim, Hyun Gil Kim, Ho Jin Ryu (2020). "High-temperature oxidation behaviors of ZrSi2 and its coating on the surface of Zircaloy-4 tube by laser 3D printing". Nuclear Engineering and Technology. 52 (9): 2054–2063. doi:10.1016/j.net.2020.02.018.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)