Sjabloonbespreking:KOVIS-19 pandemie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hi Rooiratel, ek dink nie só 'n sjabloon is tans nodig nie. Maar as jy verveeld voel, gaan maar voort, dan kyk ons hoe vorder dit.

Daar gaan baie gebreekte skakels wees tussen KOVIS-19 en COVID-19! Kan ons nie maar by lg. amptelike naam hou nie? Groete --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 12:22, 22 Mei 2020 (UTC)

@Aliwal2012: ja dit is seker nie nodig nie. Maar ek dink dit sal nog steeds nuttig wees. Mense kan dit verander soos nodig. Hierdie was maar net 'n raamwerk om mee te begin. Met betrekking tot die gebreekte skakels kan ons aanstuur bladsye gebruik om die probleem op te los. "Kan ons nie maar by lg. amptelike naam hou nie" - COVID-19 is die amptelike Engelse naam, ek weet nie wat dit met Afrikaanse te doen het nie. As iemand 'n beter Afrikaanse naam het vir die siekte sal dit my glad nie pla as ons dit verander nie. Maar ek hou nie daarvan as ons altyd net die Engelse naam vir alles gebruik nie. Anders kan ons net so wel alles in Engels skryf. Groete. - Rooiratel (kontak) 13:18, 22 Mei 2020 (UTC)
@Rooiratel: Ja, maar ek dink eenvormigheid op ons wiki kom voor jou eie keuse van 'n Afrikaanse akroniem, of hoe? --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 15:25, 22 Mei 2020 (UTC)
@Aliwal2012: Ek stem saam. Ons moet eenvormig wees. En soos ek gesê het, ons kan dit verander. Maar is daar 'n goeie rede om die Engelse akroniem te gebruik? - Rooiratel (kontak) 18:19, 22 Mei 2020 (UTC)
@Aliwal2012: ek het maar hierdie gesprek na die geselshoekie geskyf sodat almal kan deel neem. Groete. - Rooiratel (kontak) 19:03, 22 Mei 2020 (UTC)