Sjinees

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sjinees
汉语; 漢語 of 中文
Hànyǔ of Zhōngwén
Gepraat in: Vlag van die Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina
Vlag van Republiek van Sjina Republiek van Sjina
Vlag van Singapoer Singapoer
Vlag van Indonesië Indonesië
Vlag van Maleisië Maleisië
Vlag van Thailand Thailand 
Gebied: Sjina, Taiwan, Singapoer, Hongkong, Macau, Indonesië, Maleisië, Thailand, Verenigde State, Kanada en ander plekke met aansienlike oorsese Sjinese gemeenskappe
Totale sprekers: onbekend (1,2 miljard aangehaal tussen 1984 en 2001)[1][2] 
Rang: 1
Taalfamilie: Sino-Tibettaans
 Sjinees
 
Skrifstelsel: Sjinese karakters, zhuyin fuhao, braille
Latynse alfabet
Arabiese alfabet
Cyrilliese alfabet
Antieke gebruik van 'Phags-pa skryf. 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van die Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina
Vlag van Hongkong Hongkong
Vlag van Macau Macau
Vlag van Republiek van Sjina Republiek van Sjina
Vlag van Singapoer Singapoer
Flag of the United Nations Verenigde Nasies
Gereguleer deur: Vlag van Volksrepubliek van Sjina Nasionale Kommissie van taal en skryf[3]
Vlag van Republiek van Sjina Nasionale Taalkomitee
Vlag van Singapoer Raad vir die Bevordering van Mandaryns
Vlag van Maleisië Raad vir die Sjinese Taalstandardiseringsbeleid
Taalkodes
ISO 639-1: zh
ISO 639-2: zho
ISO 639-3: zho 
Verspreiding van Sjinees

Sjinees (Vereenvoudigde Sjinees: 汉语, Tradisionele Sjinees: 漢語, pinyin: Hànyǔ, letterlik: "Han-taal"; of 中文, Zhōngwén) is 'n Sino-Tibettaanse taal wat veral in die Volksrepubliek van Sjina, die Republiek van Sjina, Hongkong, Macau, Singapoer, Thailand, Indonesië en Maleisië gepraat word. Sjinees is met 1,3 miljard sprekers die grootste taal in die wêreld. Daar is baie dialekte, waarvan die belangrikste Mandaryns, Wu, Kantonees, Min, Xiang, Hakka en Gan is.

Die woord Hànyǔ ("Han-taal") geskryf in Tradisionele Sjinese (links) en Vereenvoudigde Sjinese (regs) karakters

Sjinees is die moedertaal van die Han- en die Hui-Sjinese en deur hul emigrasie in talle gebiede van die wêreld word dié taal ook in lande soos Australië, Filippyne, Japan, Kanada, Mianmar, Rusland, Peru, die Verenigde State en Viëtnam gepraat, wat van Sjinees 'n wêreldtaal maak.

Mandaryn-Sjinees is die amptelike taal van die Volksrepubliek van Sjina met sy spesiale administratiewe streke Hongkong (saam met Engels en Kantonees) en Macau (saam met Kantonees en Portugees), asook die omstrede Republiek van Sjina op Taiwan. Daarbenewens vorm Sjinees saam met Engels, Maleis en Tamil die amptelike tale van Singapoer en saam met Arabies, Engels, Frans, Russies en Spaans die amptelike tale van die Verenigde Nasies.

Sjinees word met Sjinese karakters (Tradisionele Sjinees en Vereenvoudigde Sjinees) geskryf en die amptelike stelsel waarmee albei in die Latynse alfabet transkribeer word, is Hanyu pinyin.

Dialekte van Sjinees[wysig | wysig bron]

Verspreiding van Sjinese dialekte
Dialek Alternatiewe benamings Sprekers Hoofverspreiding
Mandaryns Noord-Sjinese dialekte, Beifanghua (北方話 / 北方话), Beifang Fangyan (北方方言) 960 miljoen Sjina, Taiwan, Hongkong, Macau, Singapoer, Indonesië en Maleisië
Wu Wúyǔ (吳語 / 吴语), Wuyueyu (吳越語 / 吴越语), Gangnanhua (江南話 / 江南话), Gangzhehua (江浙話 / 江浙话) 80 miljoen Sjina: Yangtzemonding, Sjanghai
Kantonees of Yue Yuèyǔ (粵語 / 粤语), Guangdonghua (廣東話 / 广东话), Guangfuhua (廣府話 / 广府话), selde: Baihua (白話 / 白话) 63 miljoen Sjina: Guangxi, Guangdong, Hongkong, Macau; Maleisië
Min Mǐnyǔ (閩語 / 闽语), Fujianhua (福建話 / 福建话) 60 miljoen Sjina: Fujian, Guangdong, Hainan, Zhejiang, Jiangsu, Taiwan; Suidoos-Asië
Xiang Xiāng yǔ (湘語 / 湘语), Hunanhua (湖南話 / 湖南话) 37 miljoen Sjina: Hunan, Guangxi, Guizhou, Sichuan, Shaanxi
Hakka of Kejia Kejiayu (客家語 / 客家语), Kèjiāhuà (客家話 / 客家话) 33 miljoen Suid-Sjina, Taiwan, Suidoos-Asië, Indië, Japan
Gan of Kan Gàn yǔ (贛語 / 赣语) 22 miljoen Sjina: Jiangxi, Hubei, Hunan, Anhui, Fujian

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Sjinees