Volksrepubliek China

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Sjinese)
Spring na: navigasie, soek
'中华人民共和国
Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó
Volksrepubliek China/Sjina
Vlag van die Volksrepubliek China Embleem van die Volksrepubliek China
Vlag Embleem
Volkslied: 《义勇军进行曲》《義勇軍進行曲》
Yìyǒngjūn Jìnxíngqǔ
(Chinees vir: "Mars van die Vrywilligers")
Ligging van die Volksrepubliek China
Hoofstad Beijing (Peking)

39°55′N 116°23′O / 39.917°N 116.383°O / 39.917; 116.383

Grootste stad Sjanghai[1]
Amptelike tale Chinees (of Sjinees)[2]
Regering Enkele party
sosialistiese staat[3]
Xi Jinping
Li Keqiang
Onafhanklikheid
Vorming
• Eerste pre-imperiale dinastie
• Unifikasie van China
onder die Qin-dinaste
• Republiek gestig
• Volksrepubliek geproklameer



2070 v.C.
221 v.C.
1 Januarie 1912
1 Oktober 1949
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
9 596 961[4] of 9 572 900[5] km2  (3de/4de)
3 705 407 myl2
2,8
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
1 373 541 278[6] (1ste)
1 339 724 852[7]
145 / km2 (83ste)
375,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$23 194 miljard[8] (1ste)
$16 676[8] (83ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$11 795 miljard[8] (2de)
$8 481[8] (72ste)

MOI (2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,738[9] (90ste)  –  hoog
Gini (2015) 46,2[10] –  hoog
Geldeenheid Renminbi (¥) (CNY)
Tydsone
 - Somertyd
SST (UTC+8:00)
nie toegepas nie (UTC+8:00)
Internet-TLD .cn, .中國, .中国
Skakelkode +86

Die Volksrepubliek China (ook Volksrepubliek Sjina;[11][12] Mandaryns-Chinees: 中華人民共和國, pinyin: Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó; wat soms ook Rooi-China of net China genoem word) is 'n groot land in Oos-Asië en een van twee Chinese state wat aanspraak daarop maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is (sien ook Republiek China). Dit beslaan die grootste deel van die kulturele, historiese en geografiese grondgebied wat bekend staan as China. Dit is die land met die grootste bevolking ter wêreld, byna 1 375 000 000, van wie die meeste etnies as van Han-Chinese herkoms geklassifiseer word. Dit het ook een van die oudste beskawings ter wêreld.

Nasa-Satellietbeeld van China

Vir langer as 2000 jaar is die land deur ’n reeks magtige dinastieë regeer. In 1912 word dit ’n republiek, en in 1949, ná ’n lang oorlog tussen die nasionaliste en die kommuniste, ’n kommunistiese staat bekend as die Volksrepubliek China. Die staat is sedert sy stigting in 1949 deur die Kommunistiese Party van China (aanvanklik onder Mao Zedong) gelei.

In meer onlangse tye het China ekonomies vinnig ontwikkel. Vandag is dit een van die belangrikste ekonomiese en industriële moondhede in die wêreld en een van die Brics-lande. Vryheid van spraak word beperk en toegang tot die internet word streng beheer. Die hardhandige onderdrukking van die Tiananmen-plein-opstand in 1989 en die voortgesette onderwerping van die Tibetaanse volk vertroebel egter China se internasionale beeld.[11]

Geografie[wysig | wysig bron]

Kaart van China

China is die grootste land volgens oppervlakte in Oos-Asië en die derde of vierde grootste ter wêreld (afhangende van die siening oor die Eiland Taiwan); net Kanada en Rusland is groter, soms ook die Verenigde State. Die volksrepubliek grens aan 14 lande: Afghanistan, Bhoetan, Mianmar (Birma), Indië, Kasakstan, Kirgisië, Laos, Mongolië, Nepal, Noord-Korea, Pakistan, Rusland, Tadjikistan en Viëtnam; meer as enige ander land ter wêreld behalwe vir Rusland wat ook aan 14 lande grens.

Die land is bergagtig met hoë plato's en die Taklamakan- en Gobi-woestyn in die weste en noordweste, heuwels en vlaktes in die ooste, waardeur die Jangtse- en Geelrivier seewaarts vloei, en subtropiese woude in die suidooste. China lê aan die Oos-Chinese See, die Geelsee en die Suid-Chinese See. Dit grens aan Mongolië in die noorde, Rusland en Noord-Korea in die noordooste, Viëtnam, Laos en Mianmar in die suide, Indië, Bhoetan, Afganistan en Nepal in die suidweste, Pakistan, Tadjikistan en Kirgisië in die weste, en Kasakstan in die noordweste.

Administratiewe indeling[wysig | wysig bron]

Lys van administratiewe divisies van gebiede onder die beheer van die Volksrepubliek China:

Provinsies

Outonome gebiede


Munisipaliteite


Spesiale Administratiewe gebiede

Grootste stede[wysig | wysig bron]

Die Volksrepubliek China het dosyne groot stede, insluitende 3 van die 55 globale stede.

Rang Stad Gebied Bevolking
1. Sjanghai Sjanghai 22 315 426
2. Beijing Beijing 18 827 000
3. Tianjin Tianjin 11 090 314
4. Guangzhou Guangdong 11 070 654
5. Shenzhen Guangdong 10 357 938
6. Dongguan Guangdong 8 220 937
7. Chengdu Sichuan 7 123 697
8. Hongkong Hongkong 7 055 071
9. Nanjing Jiangsu 6 852 984
10. Wuhan Hubei 6 434 373
11. Shenyang Liaoning 5 743 718
12. Hangzhou Zhejiang 5 695 313
13. Chongqing Chongqing 5 402 721
14. Harbin Heilongjiang 4 517 549
15. Suzhou Jiangsu 4 074 000
16. Jinan Shandong 3 922 180
17. Xi'an Shaanxi 3 890 098
18. Wuxi Jiangsu 3 542 319
19. Hefei Anhui 3 352 076
20. Changchun Jilin 3 341 700

Vakansiedae[wysig | wysig bron]

Vakansiedae
Datum Naam Chinees Opmerking
1 Januarie Nuwejaarsdag 元旦
1 Mei Werkersdag 劳动节
4 Mei Jeugdag 青年节 Herdenk die 4 Mei-beweging
1 Julie Stigtingsdag, Kommunistiese Party van China 建党节 Skepping van 1ste Nasionale Kongres op 1 Julie 1921
1 Augustus Weermagdag 建军节 Nanchang-opstand (南昌起义)
op 1 Augustus 1927
1 Oktober Nasionale dag 国庆节 Stigting van die Volksrepubliek op 1 Oktober 1949
1ste dag van die 1ste maan maand Lentefees (Sjinese nuwejaar) 春节 Gebaseer op die Sjinese kalender
15de dag van die 1ste maan maand Lanternfees 元宵节 Gebaseer op die Sjinese kalender
5de Son Term. Vroeg April Qing Ming Jie (Voorouerdag) 清明节 Gebaseer op die Sjinese kalender
5de dag van die 5de maan maand Drakebootfees 端午节 Gebaseer op die Sjinese kalender
15de dag van die 7de maan maand Geesfees 中元节 Gebaseer op die Sjinese kalender
15de dag van die 8ste maan maand Middelherfsfees (Maanfees) 中秋节 Gebaseer op die Sjinese kalender
9de dag van die 9de maan maand Dubbelnegefees 重阳节 Gebaseer op die Sjinese kalender

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Chan, Kam Wing (2007). “Misconceptions and Complexities in the Study of China's Cities: Definitions, Statistics, and Implications”. Eurasian Geography and Economics 48 (4): 383–412. doi:10.2747/1538-7216.48.4.383. Besoek op 14 Augustus 2014. bl. 395
  2. (en) "Law of the People's Republic of China on the Standard Spoken and Written Chinese Language (Order of the President No.37)". Chinese Regering. 31 Oktober 2000. Verkry op 26 Julie 2017. 
  3. (en) "Constitution Of The People's Republic Of China". People's Daily. Verkry op 26 Julie 2017. 
  4. (en) "Demographic Yearbook—Table 3: Population by sex, rate of population increase, surface area and density" (PDF). UN Statistics. 2007. Verkry op 14 Augustus 2014. 
  5. (en) "China". Encyclopædia Britannica. Verkry op 26 Julie 2017. 
  6. (en) "The World Factbook". Central Intelligence Agency. Verkry op 26 Julie 2017. 
  7. (en) "Communiqué of the National Bureau of Statistics of People's Republic of China on Major Figures of the 2010 Population Census (No. 1)". National Bureau of Statistics of China. 28 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2013. Verkry op 14 Augustus 2013. 
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 (en) "China". Internasionale Monetêre Fonds. Verkry op 26 Julie 2017. 
  9. (en) "Human Development Report 2016: Human Development for Everyone" (PDF). United Nations Development Programme. Verkry op 26 Julie 2017. 
  10. (en) "China's Economy Realized a Moderate but Stable and Sound Growth in 2015". National Bureau of Statistics of China. 19 Januarie 2016. Verkry op 26 Julie 2017. 
  11. 11,0 11,1 HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  12. Afrikaanse Woordelys en Spelreëls; Negende, verbeterde en omvattende herbewerkte uitgawe, 2002, ISBN 978-1-86890-034-3: "Sjina of China / Sjinese of Chinese / Sjinees of Chinees"

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Asië

Lande: Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek China | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Noord-Siprus - Palestina - Republiek China (Taiwan) - Suid-Ossetië

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek China: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika