Sjona (taal)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Sjona (Taal))
Spring na: navigasie, soek
Sjona
chiShona
Gepraat in: Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Vlag van Zambië Zambië
Vlag van Botswana Botswana 
Gebied: Suider-Afrika
Totale sprekers: 10,7 miljoen (moedertaal)
1,8 miljoen (tweede taal in Zimbabwe)[1]
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoid
     Suidelike Bantoid
      Bantoetale
       Sentraal
        Sjona 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: sn
ISO 639-2: sna
ISO 639-3: sna
Die Sjona-alfabet en die letters se uitspraak

Sjona (chiShona in Sjona) is 'n Bantoetaal, inheems aan die Masjona-stam van Zimbabwe, Suid-Zambië en Mosambiek. Sjona bestaan uit 'n aantal dialekte, naamlik Zezuru, Karanga, Manyika, Ndau en Korekore. Sekere taalkundiges beskou egter Karanga as 'n taal op sigself. Sjona is een van die belangrikste tale in Zimbabwe, tesame met Noord-Ndebele en die amptelike besigheidstaal, Engels, en een van die amptelike tale van dié land.

Volgens Ethnologue[2] word die vyf hoofdialekte van Sjona deur 10,7 miljoen mense as moedertaal gepraat, wat dit die tweede grootste van die Bantoe geklassifiseerde tale maak. Zoeloe is eerste met 12 moedertaalsprekers.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Shona”. Ethnologue. URL besoek op 21 Januarie 2016.
  2. (en) Summary by language size”. Ethnologue. URL besoek op 21 Januarie 2016.
  3. (en) Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Zulu”. Ethnologue. URL besoek op 21 Januarie 2016.