Skeppingsordening

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hierdie artikel verwys nie na 'n geldige bron nie. 'n Geldige bron is noodsaaklik, vanweë Wikipedia se verifieerbaarheid Indien 'n geldige bron nie binne twee weke vanaf die toevoeging van hierdie sjabloon toegevoeg word nie, mag hierdie artikel verwyder word. (25 April 2019). Verwyder gerus hierdie sjabloon indien 'n geskikte bron toegevoeg word.

Die teorie van die skeppingsordeninge gaan daarvan uit dat God bepaalde vaste ordeninge in sy skepping ingeskep het, wat – ondanks die sondeval – nog onderhou behoort te word omdat dit uitdrukking gee aan die wil van God en die samelewing teen chaos beskerm.

God het by die skepping sekere dinge op ‘n bepaalde manier georden of vasgelê, of aan sekere dinge ‘n vaste struktuur (patroon) gegee, en ons taak is om die ordeninge of strukture in takt te hou en dit net te herstel as die sonde dit aangetas het. Ons het dus ‘n vaste orde op aarde, en ons moet sorg dat dit bly soos dit geskep is. Van tyd tot tyd verander die voorbeelde wat mense noem. In die Middeleeue was dit die monargie en die adelstand teenoor die burgerstand; later was dit slawerny, nog later aparte volke of rasse.

Die beste en mees sekere skeppingsordeninge is die volgende:

  • Die huwelik
  • Die mens moet heers oor die aarde
  • Bewoon en bewerk die aarde

Kyk ook[wysig | wysig bron]