Slanke klipstamper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Slanke klipstamper
Ook: (en) Slender stonebasher
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Osteoglossomorpha
Orde: Osteoglossiformes
Familie: Mormyridae
Genus: Hippopotamyrus
Spesie: H. ansorgii
Binomiale naam
Hippopotamyrus ansorgii
(Boulenger, 1905)

Die Slanke klipstamper (Hippopotamyrus ansorgii) is 'n varswatervis wat in die boonste dele van die Zambezirivier, die Kunene-, Okavango-, Buzi- en Pungweriviere voorkom. Daar is 'n geïsoleerde bevolking in die Ruorivier in Malawi. In Engels staan die vis bekend as die Slender stonebasher.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n lang en plat lyf, die dorsale vin (agter op die lyf) is korter as die anale vin en die stertvin is gevurk met ronde punte. Die vis het 'n klein bek. Die vis is gewoonlik bruin of swart met 'n vertikale streep waar die dorsale vin begin en word tot 150 mm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in rotsagtige areas in vinnigvloeiende water. Hulle vreet ongewerweldes.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]