Slimjannie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Slimjannie
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Sparidae
Genus: Acanthopagrus
Spesie: A. berda
Binomiale naam
Acanthopagrus berda
(Forsskål, 1775)

Die Slimjannie (Acanthopagrus berda) is 'n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom vanaf Oos-Londen. Die vis het sy naam gekry weens die feit dat hy die aas skelm van hoeke kan afvreet. In Engels staan die vis bekend as die River bream.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n diep lyf en die stertvin is gevurk. Die vis is silwer tot swart met swart vlekke agter die boonste gedeelte van die kieue deksels. Hulle word tot 750 mm lank en word selde swaarder as 1 kg.

Habitat[wysig | wysig bron]

Weens hulle vermoë om in water te kan oorleef waarvan die soutgehalte verskil kom hulle ook in riviere en riviermondings voor. Hulle is al stroom-op in riviere gekry verby die punt waar getye die water beïnvloed. Die kleiner visse kom in skole voor terwyl die volwasse visse alleenlopers is. Hulle eet wurms, krappe, garnale en klein vissies. Dit is nie 'n gewilde eetvis nie.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]