Slowenië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Republika Slovenija
Republiek Slowenië
Vlag van Slowenië Wapen van Slowenië
Vlag Wapen
Volkslied: Zdravljica
(Sloweens vir: "’n Heildronk")
Ligging van Slowenië
Hoofstad Ljubljana

46°3′N 14°30′O / 46.050°N 14.500°O / 46.050; 14.500

Grootste stad Ljubljana
Amptelike tale Sloweens
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Borut Pahor
Janez Janša
Onafhanklikheid
• Staat van Slowene,
Kroate en Serwiërs
• Koninkryk van Serwiërs,
Kroate en Slowene
(Koninkryk Joego-Slawië)
• Sloweense nasieskap
• Joego-Slawië word republiek
• Sloweense onafhanklikheid
• Brioni-ooreenkoms
• Huidige grondwet
van Joego-Slawië

29 Oktober 1918


4 Desember 1918
19 Februarie 1944
29 November 1945
25 Junie 1991[1]
7 Julie 1991
23 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
20 273 km2  (151ste)
7 827 myl2
0,7
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2002-sensus
 - Digtheid
 
2 094 060[2] (144ste)
1 964 036
102 / km2 (106de)
264,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$83,553 miljard[3] (93ste)
$40 344[3] (37ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$56,854 miljard[3] (80ste)
$27 452[3] (34ste)

MOI (2018) Green Arrow Up Darker.svg 0,902[4] (24ste)  –  baie hoog
Gini (2018) 23,4[5](1ste) –  laag
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .si
Skakelkode +386

Slowenië (Sloweens: Slovenija, [slɔˈʋèːnija], ), amptelik die Republiek Slowenië (Republika Slovenija, ), is 'n land in die suidelike Sentraal-Europa, aan die suidoostelike uitlopers van die Alpe. Slowenië beslaan 'n oppervlakte van 20 273 km² en het 'n bevolking van 2 094 060 in 2019 gehad.

Nasa-Satellietbeeld van Slowenië

Slowenië word in die weste begrens deur Italië, in die suide deur die Adriatiese See, Kroasië in die suide en ooste, Hongarye in die noordooste en Oostenryk in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Ljubljana.

Tot en met sy onafhanklikheid in 1991 was Slowenië 'n deelstaat van Joego-Slawië. Slowenië is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van die Europese Unie en op 1 Januarie 2007 is die Euro as geldeenheid ingevoer. Die land is ook 'n lid van die Europese Raad, NAVO en het waarnemerstatus in die gemeenskap van Franstalige state, La Francophonie.

Slowenië is die welvarendste en mees ontwikkelde van alle voormalige Joego-Slawiese deelstate. Op 25 Junie 1991, aan die begin van die Joego-Slawiese oorloë het Kroasië en Slowenië gelyktydig hul onafhanklikheid van Joego-Slawië verklaar, waarmee die verbrokkeling van dié multi-etniese staat, maar ook die Joego-Slawiese Oorlog van die 1990's begin het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Škrk, Mirjam (1999). "Recognition of States and Its (Non-)Implication on State Succession: The Case of Successor States to the Former Yugoslavia". In Mrak, Mojmir (red.). Succession of States. Martinus Nijhoff Publishers. p. 5.
  2. "Population" (in Engels). Statistieke Kantoor van die Republiek Slowenië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 6 Maart 2020.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Slovenia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 6 Maart 2020.
  4. "2019 Human Development Index Ranking" (in Engels). United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 6 Maart 2020.
  5. "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey" (in Engels). Eurostat]. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 6 Maart 2020.

Bronne[wysig | wysig bron]

Algemeen

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Toerisme[wysig | wysig bron]