Sneeubal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sneeubal
D. c. okavangensis, mannetjie
wyfie van die nominale ras
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Malaconotidae
Genus: Dryoscopus
Spesie: D. cubla
Binomiale naam
Dryoscopus cubla
(Shaw, 1809)

Die Sneeubal (Dryoscopus cubla) is 'n algemene standvoël in Afrika suid van die ewenaar. Die voël is 17 cm groot en weeg 26 gram. In Engels staan die voël bekend as die Black-backed puffback.

Verspreiding en leefgebied[wysig | wysig bron]

Dit word aangetref in tuine, ruigtes, rivierbos, bosveld, verskillende tipes boomveld, wattelplantasies of in die woudblaredak. Dit word aangetref vanaf suid-Somalië tot aan die Suid-Afrikaanse kuslyn.

Subspesies[wysig | wysig bron]

Ses subspesies word erken:

  • Dryoscopus cubla affinis – suidelike Somalië, oostelike Kenia en noordoostelike Tanzania
  • Dryoscopus cubla nairobiensis – van sentraal Kenia tot noordelike Tanzanië
  • Dryoscopus cubla hamatus – van noordelike Angola tot suidwestelike Kenia, oostelike Tanzanië en noordelike Mosambiek
  • Dryoscopus cubla chapini – noordoostelike Suid-Afrika en suidelike Mosambiek
  • Dryoscopus cubla okavangensis – suidelike Angola, Namibië, suidelike Zambië en noordelike Botswana
  • Dryoscopus cubla cubla – suidoostelike Suid-Afrika

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]