Snelheid van diere

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nuvola apps error.svg Hierdie bladsy is ’n kandidaat vir spoedige verwydering om die volgende rede:

nie-ensiklopediese essay

As u nie die spoedige verwydering van hierdie bladsy steun nie, kan u u besware op die besprekingsblad opper.

Sien gerus Wikipedia:Spoedige verwyderings vir redes waarom bladsye soos hierdie vir spoedige verwydering gemerk word. Onthou om bladsye wat na hierdie bladsy verwys en hierdie bladsy se geskiedenis na te gaan vóór verwydering.

Moenie hierdie kennisgewing verwyder nie.

Die snelheid van diere sê vir ons hoe vinnig die diere kan beweeg. Die snelheid word dikwels gemeet in kilometer per uur. Die afstand waaroor die snelheid gemeet word is baie belangrik, want sommige diere kan baie vinnig oor kort afstande beweeg, maar ander diere, wat dalk effe stadiger beweeg, kan hul spoed baie lank behou.

Landdiere

Die jagluiperd van Suid-Afrika is dan ook sonder twyfel die wêreld se vinnigste landdier. Hy bereik 'n snelheid van tot 110 km/h - teenoor die ongeveer 70 km/h van 'n renperd, maar kan dit slegs oor kort afstande volhou.

'n Stormende leeu beweeg enkele sekondes lank geweldig vinnig oor die aarde, maar ook hy kan dit nie lank volhou nie. Daar is etlike Suider-Afrikaanse boksoorte wat oor langer afstande onder die leeu en moontlik selfs onder die jagluiperd kan uithardloop. Omdat so min navorsing op hierdie gebied in Suid-Afrika gedoen is, was die “pronghorn"­ antiloop van Noord-Amerika vir baie lank amptelik die wêreld se vinnigste bok, maar dr. Douglas Hey, direkteur van Natuurbewaring in Kaapland, glo dat van ons wildsbokke net so vinnig of selfs vinniger is.

Die afstand waaroor snelheid gemeet word, is natuurlik van groot belang. 'n Naelloper oor 100 m het 'n hoër gemiddelde snelheid as die 1 500 m atleet. Net so by diere.

Voëls en waterdiere

Die voël wat die vinnigste kan hardloop, is die volstruis, wat 'n snelheid van omtrent 50 km/h kan bereik.

Dit is moeilik om die snelheid van waterdiere vas te stel. Dolfyne swem sirkels om 'n skip wat teen 37 km/h vaar, en hulle kan ongetwyfeld veel groter snelhede bereik. Die vinnigste is egter die swaardvis en die seilvis (wat ook maar 'n soort swaardvis is).

Oor die snelheid van voëls in vlug bestaan daar ook groot verskil van mening. Die arend, wat ons gewoonlik met buitengewoon hoë snelheid assosieer, is nie die vinnigste voël nie. Dit moet ook beklemtoon word dat 'n voël wat uit die hoogte op sy prooi af pyl, baie vinniger kan beweeg as 'n voël in gelyke vlug. Die drie silhoeëtte in rooi dui op buitengewoon gunstige omstandighede of op snelhede waaroor kenners dit nie eens is nie. Die 400 km/h van die fregatvoël word byvoorbeeld betwis, en die edelvalk is dus stellig die vinnigste voël.

Insekte

Die vinnigste insekte is naaldekokers en pylstertmotte, wat effens vinniger as 50 km/h kan vlieg. Wanneer 'n mens oor die snelheid van diere praat, moet onthou word dat snelhede tot dusver maar per toeval bepaal is. Deur die gebruik van moderne wetenskaplike metodes sal ons kennis op die gebied in die volgende jare nog baie uitbrei.

Hoekom diere se snelhede belangrik is

'n Mens kan drie redes noem waarom die snelheid van diere vir hulle belangrik is. Eerstens stel dit jagters soos die jagluiperd en die wolf in staat om hul prooi in te hardloop. Aan die ander kant is dit vir die gejaagde van net soveel belang om vinnig te kan hardloop, want dan staan hy 'n beter kans om weg te kom. Vir baie voëls is dit lewensbe­langrik om vinnig te kan vlieg; trekvoëls moet byvoorbeeld duisende kilometer oor land en see tussen hul somer- en wintertuistes aflê, en hulle kan nie te lank onderweg bly nie. Vir die visse en ander waterdiere geld dieselfde oorwegings as vir die jagters en gejaagde op land.