Soka Gakkai Internasionaal Suid-Afrika
Soka Gakkai Internasionaal Suid-Afrika (SGI Suid-Afrika) is die plaaslike tak van ’n Nichiren-Boeddhistiese leke-organisasie wat in 1975 deur Daisaku Ikeda, die Japannese beweging Soka Gakkai se derde president, in Guam gestig is.[1][2]
Die SGI is die oorkoepelende organisasie vir Soka Gakkai wêreldwyd. Volgens hul webtuiste het hulle volgelinge in 192 lande en gebiede.[3] Hulle beskou hulself as ’n steunnetwerk vir die beoefenaars van Nichiren-Boeddhisme en ’n wêreldwye Boeddhistebeweging vir "vrede, opvoeding en kulture uitruiling".[4] Dit is ’n nieregeringsorganisasie met amptelike bande met die Verenigde Nasies.[3]
SGI Suid-Afrika is van die vroeë 1980's af in Suid-Afrika bedrywig en het tans 400 lede, veral in Johannesburg, maar ook Kaapstad, Durban en elders in die land. Hul hoofkwartier is in Parkwoord, Johannesburg.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Okuayama Michiaki (2010). "Soka Gakkai As A Challenge to Japanese Society and Politics" (PDF). Politics and Religion. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 Februarie 2015. Besoek op 18 Februarie 2015.
- ↑ "Soka Gakkai International" (in Engels). Berkley Center for Religion, Peace & World Affairs. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2018. Besoek op 18 Februarie 2015.
- ↑ 3,0 3,1 Andrew Gebert. "Soka Gakkai". Oxford Bibliographies. Besoek op 18 Februarie 2015.
- ↑ Katherine Marshall. Global Institutions of Religion: Ancient Movers, Modern Shakers. Routledge. ISBN 9781136673580.
- ↑ SGI Suid-Afrika
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Webtuiste van Soka Gakkai Internasionaal Suid-Afrika
- Van die inligting kom uit die Engelse Wikipedia